Die vakansieseisoen is hier, en so ook ‘n propvol skedule wat met reis en heerlike funksies saam met familie en vriende gepaard gaan. Ek vind dat so baie kliënte angstig raak omdat hul bang is hul verloor hulle gesonde lewensstyl wanneer die vakansie aanbreek. Met beplanning en La Ferm se hulp, kan jy egter gesond en gemotiveerd bly.
Een van die grootste probleme waarmee mense te doen kry wanneer hulle reis; is om ‘n gereelde oefenskedule te handhaaf.
Hier volg 10 punte om jou te help om gemotiveerd te bly en jou oefenprogram vol te hou deur die feesseisoen:
1. Stel jou alarm om vroeër as gewoonlik af te gaan.
Daar is geen beter tyd as vroeg in die oggend om iets gedoen te kry nie. Navorsing bewys dat mense wat in die oggend oefen, meer daartoe geneig is om ‘n konstante roetine te handhaaf asook beter te slaap deur die nag.
2. Neem jou oefenskoene saam met jou.
Mense is geneig om die verskoning te gebruik dat hulle baggasie te klein is om nog hulle oefenskoene ook in te kan pak- kry dan ‘n groter reissak/tas. Deur jou oefenskoene en die regte oefenklere byderhand te hê, sal dit die taak heelwat makliker maak om by die gym uit te kom!
3. Skeduleer jou oefentyd.
Om by ‘n skedule te hou is verreweg een van die mees doeltreffendste maniere om by jou roetine te bly wanneer dit kom by oefen, veral gedurende ‘n besige tyd van die jaar. Beplan jou oefensessies vooraf, dit is dikwels genoeg om dit op jou se kalender te hê om jou aan die gang te hou. Moet net nie die tyd laat verbygaan sonder om ‘n plan te hê nie.
4. Moenie net aan ‘n gym dink wanneer dit kom by oefen nie.
Net omdat jy dalk nie by ‘n gym gaan kan uitkom om te oefen nie, beteken dit nie jy moet jou oefenprogram heeltemal los nie! Onthou dat dit net so doeltreffend is om te stap, inkopies te doen, ‘n rak reg te pak, te swem of selfs om die Kersversierings op te hang!
5. Probeer ‘n toonbank-oefensessie.
Jy kan selfs jou tyd doeltreffend gebruik vir oefen terwyl jy besig is om jou vakansie maaltye voor te berei. Doen ligte weerstandsoefeninge soos om jou hakke te lig terwyl jy by die kombuistoonbank staan, asook eenvoudige toonbank opstote. Beide is baie doeltreffend om jou ferm te hou.
6. Kyk na ander maniere om aktief te raak.
Jy kan dalk nie by jou gewone oefenklasse uitkom nie, maar daar is ander wonderlike maniere om fiks te bly (wat die gesin ook kan geniet) soos rolbal, binnenshuise rotsklim, stap- of dansklasse – om maar net ‘n paar te noem!
7. Parkeer verder en vermy hysbakke.
Klein – slim – keuses gereeld kan sorg dat jy meer kilojoules verbrand en ferm en gesond bly.
8. Neem deel aan ‘n vakansie-tema aktiwiteit soos draf.
Daar is baie geleenthede soos hardloop en staptogte waaraan jy hierdie tyd van die jaar kan deelneem. Sommige bevoordeel liefdadigheidsorganisasies en plaaslike organisasies, en sommige net vir die pret. Teken in en stap of hardloop saam!!
9. Stel ‘n gesinsuitdaging op.
Genoeg van ons het slimfone en opsporingstoestelle wat jy familielede (of vriende) tot ‘n stap-uitdaging mee kan uitdaag. Soms kan die mededingende aard van die geleentheid genoeg wees om ons dit te laat doen. Sluit ‘n prettige prys vir die wenner in en laat die speletjies begin!
10. Gebruik aanlyn hulpbronne.
Een van die maklikste maniere om ‘n bewegingsessie te verseker, is om ‘n verskeidenheid maklike oefensessies te hê wat jy enige plek kan uitvoer. Haal een van jou La Ferm oefenprogramme uit en laat ons oefen!!
Geniet ‘n Gelukkige, Gesonde en Fikse Feesseisoen!