Die Wondervrugte en watter soort is die beste?

Vertaal en versorg deur Ilona van Woudenberg

Die ou gesegde van “an apple a day keeps the doctor away”, moenie net as ‘n gesegde beskou word nie, en indien dit vir jou wel so is, het jy nodig om die volgende te lees.

Baie studies is al gedoen om te bewys wat die voordele van appels inhou. Dit sluit in al die antioksidante wat hulle bevat sowel as die positiewe impak op hart gesondheid.

So asof dit nie genoeg is nie, reguleer appels bloedsuiker ook!

Dit is baie goeie nuus, aangesien dit die grootste enkele faktor is wat help om ‘n gesonde liggaamsmassa te handhaaf.

Interessant!!

Hoe presies help appels dan om teen oorgewig te veg?

Let wel al La Ferm se eetplanne het ’n appel of resep met appel in.

Dit is alles a.g.v. twee faktore in appels – vesel en fenoliese samestelling.
Studies toon dat beide vesel en fenoliese samestelling in appels die liggaam beskerm teen baie siektes.
Veral die nie-verteerbare vesel gedeelte van appels wat vertering deur maag vloeistowwe weerstaan.
Hulle ontduik die verteerbare sure en ensieme en bereik dus die kolon. Dit is waar die ingewande bakterieë floreer.
Ingewande bakterieë voed op hierdie nie verteerbare vesel ensieme en vervaardig kort ketting vetsure.

Kort ketting vetsure het vele voordele soos:

  • Volgehoue energie
  • Stabiele bloedsuiker vlakke
  • Bevorder versadigdheid en hou jou versadig.

Navorsing toon dat hoe meer appels jy eet, hoe meer vermeerder dit die aantal gesonde bakterieë. Dit het spesifiek twee tipes bakterieë verander.

Die filtreerders was die Clostridia en Bacteriodes spesies. Beide is bekend daarvoor om ingewande gesondheid en algemene gesondheid te beïnvloed.

MAAR…..Dit is belangrik om die regte variëteit te kies.

Granny Smith appels is die beste vir gewigsverlies. Studies toon dat Granny Smith variëteite meer nie-verteerbare samestellings bevat as ander tipes.

Wetenskaplikes by die Washington State University stel voor dat Granny Smith appels gebruik moet word deur oorgewig individue.

Hulle sê dit mag help om die risiko van afwykings geassosieerd met oorgewig te verlaag.

Hulle het ook gevind dat oorgewig muise wat gevoer is met Granny Smith appels se ingewande flora verander het na die van muise wat maer is. ‘n Ingewande flora wat dieselfde is as maer muise s’n, help om die risiko van afwykings gepaardgaande met oorgewig te verlaag.

Wees egter versigtig vir plaagdoder residu en die was lagie op appels.

Die Omgewings Werkers Groep se verslag toon dat die plaagdoder residu op appels baie hoog is. Nog ‘n faktor om in ag te neem is die petroleum-gebaseerde waslagie op appels.

Dus, hou die appels skoon en indien moontlik, kies eerder ‘n organiese appel.

Kies verkieslik appels wat geen sagte merkies aan het nie en wat nie papperig voel nie. Toets dit deur die appel tussen jou duim en wysvinger te hou en dit te druk. Hoe moeiliker dit is om die appel te druk, hoe varser is dit.

Hier is 4 maklike maniere om meer van die variëteit te eet:

  1. Vries vir ‘n vinnige peuselhappie: Was en sny die appels. Vries hulle in ‘ziploc’ sakkies sodat dit maklik is om te gryp en te gebruik as ‘n gesonde peuselhappie.
  2. Bak: Granny Smith appels is pikant en ferm. Dit maak dit uitstekend vir gebak soos vir appeltert.
  3. Maak appel sous: Tuisgemaakte appelsous is uitstekend om te gebruik as ‘n bolaag vir pannekoeke!
  4. Geniet saam met probiotika:  Eet granny smith appels saam met ‘n probiotika soos Griekse jogurt. ‘n Paar lepels ‘n dag help om jou ingewande bakterie ‘n goeie hupstoot te gee!!
Begin gesels
Kan ons help?
Gesels met ons!
Welkom by La Ferm, hoe kan ons vandag uithelp? 🌸