Die “ABC” van Omegas!

Die fisiologie agter vette is lank en gekompliseerd! 

Maar ons sal dit vandag probeer afbreek in eenvoudige taal sodat jy ‘n beter idee het van sekere terme en aanbevelings.

  • Lipiede: Familie naam vir verskeie soorte vette (trigliseriedes/fosfolipiedes/sterole)
  • Vette:   Lipiedes wat in vastestof formaat verskyn by kamer temperatuur
  • Olies: Lipiedes wat in vloeistof formaat verskyn by kamer temperatuur

Die lipiede wat die meeste voorkom in beide kosse en die liggaam self is trigliseriedes

  • Trigliseriedes bestaan uit 3 vetsure wat geheg is aan ‘n gliserol.

Die chemie van ‘n vetsuur beïnvloed die eienskappe van kos en die gesondheid van die liggaam. 

Verskillende vetsure wat bestaan is:

  • Versadigde vetsure (diervet)
  • Onversadigde vetsure (plant vet/olies)
  • Mono-oversadigde vetsure
  • Poli-onversadigde vetsure (Omega-3 en Omega-6)

Vetsure se graad van versadigdheid beïnvloed vette se fisiese eienskappe sowel as hulle storings potensiaal. By kamertemperatuur is versadigde vette in ‘n soliede formaat (botter en ander dierevette).  Daarteenoor is onversadigde vette gewoonlik in vloeistof formaat by kamertemperatuur (verskeie groente olies).

Wat is die doel van vetsure in die liggaam?

Trigliseriedes verskaf energie aan die liggaam – hetsy dit afkomstig is vanaf kos of van die liggaam se eie vetstore.  Vette help jou liggaam om koolhidrate en proteïene effektief te gebruik.  Vette dien ook as ‘n verwarmer vir die liggaam – dit behou hitte.  Laastens is vet ‘n natuurlike skok absorbeerder – en beskerm die organe teen impak.

Die liggaam kort vetsure en ons kan self al hierdie vetsure vervaardig behalwe twee, nl. Omega-3 en Omega-6 vetsure.  Daarom noem ons ook hierdie vetsure “Essensiële vetsure”. 

Omega-3 bestaan uit drie verskillende vetsure:

  • ALA (alpha-linolenic suur)
  • DHA (docosahexaenoic suur) and
  • EPA (eicosapentaenoic suur).

Die mees effektiewe manier om jou liggaam se

vlakke van hierdie vetsure te handhaaf is deur die

 inname daarvan in jou dieet of deur ‘n aanvulling.

Bronne van Omega-3:

  • Vis: Oesters,salm,sardientjies,vars tuna
  • Groente olies: Canola,sojaboon,lynsaad (flaxseed)
  • Eiers
  • Okkerneute en lynsaad (flaxseed)
  • Spinasie

Bronne van Omega-6:

  • Olies: Sonneblom,advokadopeer,sojaboon
  • Pampoensade (rou)

Hoeveel Omega-3 en Omega-6 moet ek inneem?

  • Die hoeveelheid Omega-3 wat jy moet inneem word grootliks beïnvloed deur die hoeveelheid Omega-6 wat jy inneem
  • Die hoeveelheid word bepaal deur jou geslag en jou ouderdom
  • Die Wêreld Gesondheids Organisasie beveel aan dat gesonde volwassenes ‘n daaglikse inname van 250-500mg (kombinasie van DHA en EPA) inneem

Balans tussen die inname van Omega-3 en Omega-6 vetsure is belangrik!

Hierdie vetsure kompeteer met mekaar in die liggaam vir ensieme– en die teenwoordigheid van die een beïnvloed die ander een se funksionering !  Wanneer daar te veel Omega-6 is kan dit die absorpsie/omskakeling van Omega-3 negatief affekteer en gevolglik verloor jy die voordele van die Omega-3.  Westerse dieet gewoontes is van so aard dat ons baie meer Omega-6 inneem as Omega-3.

Wanbalans tussen Omega-3 en Omega-6 kan die volgende tot gevolg hê:

  • Chroniese inflammasie
  • Diabetes
  • Obesiteit
  • Metaboliese sindroom
  • Kanker
  • Asma
  • Kardiovaskulêre siektes
  • Psigiatriese toestande

Watter rol speel hierdie Omega-3 vetsure in ons liggaam? Waarom moet ons dit inneem?

  • Omega-3 vetsure – spesifiek DHA – speel ‘n belangrike strukturele rol in die brein en die retina van die oë
  • Bloed trigliseriedes: Omega-3 aanvullers kan die hoeveelheid trigliseriedes in jou bloed noemenswaardig verlaag
  • Kanker: Die inname van kosse wat hoë konsenstrasies het van Omega-3 is al verbind met ‘n verlaagde risiko vir kolon, prostaat en borskanker
  • Vetterige lewer: Aanvullers met Omega-3 kan help om ontslae te raak van oortollige vet in die lewer
  • Depressie en angs: Omega-3 aanvullers (soos vis olie) kan help om simptome van depressie en angs te verminder
  • Inflammasie en pyn: Verminder inflammasie en simptome van verskeie outo-immune siektes soos rheumatoïede artritis.  Dit is ook baie effektief om menstruale pyn te verminder.
  • ADHD: Verbeter verskeie simptome
  • Asma: Kan asma voorkom in kinders en jong volwassenes
  • Baba ontwikkeling: DHA wat tydens swangerskap en borsvoeding geneem word kan jou baba se intelligensie en oog gesondheid verbeter
  • Dimensie: Sommige studies toon ‘n verband tussen ‘n hoër omega-3 inhoud en ‘n verlaagde risiko van dimensie en Alzheimer’s

Ten slotte: Omega-3 vetsure speel ‘n baie belangrike rol in die effektiewe funksionering van ons liggaam – en die moderne dieet het ‘n groot tekort aan dit.  As jy nie van vis of ander bronne van omega-3 hou nie, moet jy oorweeg om ‘n aanvuller te gebruik.  Dit is goedkoop en effektief!

LaFerm se eie Omega 3 is beskikbaar aanlyn, bestel hier : https://laferm.co.za/product/omega-3/

Begin gesels
Kan ons help?
Gesels met ons!
Welkom by La Ferm, hoe kan ons vandag uithelp? 🌸