VANIELJE- PANNA COTTA MET BESSIEJELLIE
(Genoeg vir 6)
2 x 30 g-sakkies suikervrye framboosjellie
25 ml kookwater
100 g gemengde bessies
30 ml gelatien
60 ml water
125 ml laevet-melk
Sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
600 ml lae vet-vanieljejogurt
1 vanieljepeul, gehalveer en saadjies uitgekrap
100 g (125 ml) xylitol-versoeter
METODE:
Maak jellie aan met kookwater. Roer bessies by. Spuit ‘n patroonpan met volume van 3 liter met kleefwerende kossproei. Gooi jelliemengsel in pan en laat stol 2 – 3 uur in yskas.
Maak panna cotta. Week gelatien 5 minute in water. Plaas melk, sap en skil van suurlemoene, jogurt, vanieljesaadjies en xylitol in middelslag-pot. Roero or lae hitte tot mengsel begin kook. Verwyder van hitte en voeg geweekte gelatien by. Roer tot glad en laat afkoel tot lou. Gooi mengsel op gestolde jellie in patroonpan en laat stol weer 4 – 6 uur in yskas. Doop vorm 20 sekondes in kookwater en keer poeding uit.
WAATLEMOENKOEK
(Genoeg vir 8)
BESTANDDELE:
3 dik skywe waatlemoen in die kleur van jou keuse
400 g gladde maaskaas
75 g versiersuiker
3 ml vanielje geursel
350 g gemengde vars bessies
METODE:
Skil die waatlemoenskywe tot almal dieselfde grootte is. Klits die maaskaas, versiersuiker en vanielje geursel saam in ‘n mengbak.
Rangskik die waatlemoenskywe in lae op ‘n koekstaander, met ‘n lag maaskaas tussen elkeen.
Smeer die oorblywende maaskaas bo-op en garneer met die vars bessies.
VRUGTE-YSSTOKKIES
(Genoeg vir 12)
BESTANDDELE:
10 aarbeie, sonder stingels en in kwarte gesny
750 ml aarbei-/bessiesap
1 papaja, geskil en ontpit
1 mango, geskil en ontpit
500 ml lemoensap
METODE:
Verdeel die aarbei-kwarte tussen ses ysstokkie-vorms.
Maak vol met bessiesap, bedek en vries.
Meng die papaja, mango en lemoensap in ‘n smoothie masjien. Verdeel die mengsel tussen die oorblywende ses vorms en vries.