• Image1LafermSite.jpg
  • Image5LafermSite.jpg
  • Image6LafermSite.jpg

SIO VASBYT HEADERsml

La Ferm se suksesvolle Shake-it-Off boks Vasbyt is hier!

Het jy dalk nog so paar kilogramme om af te skud voor Desember? Is jy ’n besige ouer of werkende persoon wat gewig wil verloor en gesond eet en oefen gemaklik by jou besige skedule wil inpas? Kort jy dalk net daardie laaste bietjie motivering om die eerste stap na ’n ligter leefstyl te neem?

Hoe dit ook al sy – La Ferm het die oplossing vir jou!

Op 7 Oktober 2019 begin ons 21-dag Shake-it-Off Vasbyt uitdaging: die plan het homself al oor en oor as suksesvol bewys en is gefokus op gewigsverlies, met al die voordele van die gesonder, ligter jy.

Maar ook maklik en gerieflik – want ons gaan jou help om hierdie kopskuif te maak! Met ons gewilde “verloor-gewig-boks” wat jou baie tyd en geld gaan spaar! Verskeie La Ferm produkte is ingesluit – al wat jy moet doen is om VARS produkte by te voeg.

Hierdie Shake-it-off Boks VASBYT kos slegs R1480 met porsies vir ’n vrou (slegs R1680 vir ’n man) en sluit in:

  • Die 21-dag eetplan met inkopielys en resepte – elektronies vir jou gestuur per e-pos, gerieflik en maklik byderhand.
  • Effektiewe oefenprogram – met videos op jou foon in ons whatsApp motiveringsgroep en ’n program waarvolgens die videos afwisselend gedoen word.
  • Professionele kennis en deurlopende motivering met jou eie Dieetkundige en Biokinetikus "on call", altyd daar vir jou.
  • En ook Die BOKS wat insluit:
    • Verskeidenheid lae GI ontbyt opsies
    • Neute en stafies as happies vir snack tye
    • Ferm UP shake vir jou middagetes – reeds in 30g porsies verpak
    • Oefen rek om te gebruik tydens jou oefensessie
    • Omega 3 aanvullings en ’n heerlike Organiese tee

DIE PLAN IS GERIEFLIK EN JOU GEWIGSVERLIES GEWAARBORG.

Die boks kan jou lewe verander! Ons pak al die droë, nie-bederfbare produkte - presies afgemeet en in pakkies verpak vir 21 dae – alles om die Vasbyt vir jou geriefliker te maak en nog ligter te laat verloop.

As jy spesifieke navrae het – stuur 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Om vir die vasbyt te registreer – kliek hier. Onthou dat ons 7 dae nodig het om die boks te koerier – registreer dus sommer vroeg sodat ons genoeg tyd het om jou pakkie betyds by jou te kry.

Kom vat ons hand en leef ligter met ons unieke 21-dae Shake-it-Off Vasbyt.

Addisionele produkte kan ook teen spesiale pryse aangekoop word deur dit op die registrasie vorm aan te dui.

Ultragard Forte Combo:

  • Ultragard Forté voorsien die biochemiese basislyn wat nodig is vir die optimale funksionering van die liggaam – in terme van energie, lewenskragtigheid en viriliteit!
  • Ultragard Forté ondersteun instandhouding, voorkoming van siekte en dra by tot ‘n gesonde en lang lewe.
  • Ultragard Forté verder optimiseer belangrike funksies, soos verstandelike fiksheid, wakkerheid en lewenslustigheid

 

Canamere Alpha:

Canamere Alpha is 'n vloeibare gesondheids aanvulling gemaak met gekonsentreerde Botaniese stowwe wat onttrek is teen 'n lae temperature en sonder sintetiese chemikalieë of GMO-bestanddele in die vervaardiging proses tot finale produk

Lees gerus meer hieroor.

https://www.canamere.com/product-detail?rvdsfpid=canamere-alpha-100ml-19

INTERMITTENT FASTING VASBYT ADS 2019 2sml

Wil jy van ’n paar kilogramme ontslae raak maar ook sommer vinnig resultate sien? Of het jy net nog nie probeer nie, omdat soveel probeerslae al misluk het? Kom byt saam vas en ervaar ’n verskil!

La Ferm se gewilde “Intermittent Fasting” Vasbyt wat in November 2018 en Januarie 2019 soveel sukses behaal het, is terug! Dit is ons onderbroke vastingsdieet waar jy afwisselend vir 2 van die 7 dae in die week, met tydsintervalle, gaan vas! Jy het reg gelees – jy gaan op ’n gesonde manier vas en vet verbrand! 

Maar: met 'n NUWE vars, opwindende eet- en oefenplan! Ons gaan “Plant based” eet. Geen dier proteïene nie, net groente, vrugte, plant olies en vette (sade en neute) en lae GI koolhidrate! En moenie bekommerd wees nie jy gaan steeds genoeg proteïene in kry.

Hier is so bietjie terugvoer van ons vorige vasbyt wenner – Sandra het met die vasbyt amper 6kg verloor en het meer as 40cm gekrimp! In haar eie woorde: “Baie dankie vir die metamorfose wat ek kon ondergaan, van ‘n lelike eendjie tot ‘n feëprinses! Ja, dit is hoe ek voel, ten spyte van my ouderdom! Vanaf die November tot nou het ek al amper 11kg afgeskud en ek blom! Dankie dankie!”

Baie baie dankie julle. Ek het dit sooo geniet. Dit was maklik en volhoubaar. Ek sal dit beslis vir almal aanbeveel wat gewig wil verloor.

 

Weereens BAIE dankie!!!

Rika Roos

  

Dit kan jou verhaal word!

Hoe werk dit?
Dit word genoem die "Intermittent Fasting” of Onderbroke vastingsdieet. Jy volg vir vyf dae in die week 'n gesonde eetplan wat 3 maaltye insluit 4-5 ure uitmekaar. En vas dan vir twee agtereenvolgende dae. Maar die vas beteken nie jy eet niks nie – 'n tipiese vasdag behels twee maaltye en 'n happie tussen in. Jou vastings tydperk is 16 ure. Jou totale kilojoule inname vir die res van die dag is 'n verminderde 2520 kJ’s.

 

Voordele van die “Intermittent Fasting” eetplan:

  • Die geheim tot gewigsverlies is dat jou lyf na slegs 'n paar uur die meganismes afskakel wat vet stoor. En dié aanskakel wat vet verbrand. Jy leer dus jou lyf om vet te verbrand!
  • Verminderde risiko vir hartsiektes: Onderbroke vasting lei tot verlaging van LDL-C (slegte cholesterol) asook verlaging in bloeddruk.
  • Verminderde risiko vir sekere kankers a.g.v. verlaging van Insulien-agtige groeifaktor 1 (IGF-1)
  • Verbeterde insulien sensitiwiteit: Vas kan ook 'n uitwerking hê op die vlakke van die hormoon insulien – veral as verfynde suikers en stysels uitgeskakel word. Hoё insulienvlakke dra daartoe by dat die sel-omgewing verander. Selle verdeel dan te veel en verkeerd, wat weer bydrae tot oorgewig. Hoё insulienvlakke gaan ook gepaard met insulien weerstandigheid. Dis iets waaraan 80% van oorgewig mense lei en die voorlooper van Diabetes.
  • Verandering in liggaam samestelling: Onderbroke vasting lei daartoe dat jou liggaam vashou aan spiermassa en vet verloor – presies wat ons wil hê!
  • Leef langer en voorkom siektes.

 

Vas is dalk vir jou 'n vreemde begrip – so kom ons kyk wat sê die media oor “Intermittent Fasting” as dieet:

"Fasting can benefit any otherwise healthy person whose calories now have the upper hand in his or her life" - New England Journal of Medicine.

"Therapeutic fasting is not a mystical or magical cure. It works because the body has within it the capacity to heal itself when obstacles to healing are removed. Health is a normal state. Most chronic diseases is the inevitable consequences of living a lifestyle that places disease-causing stressors on the human organism. Fasting gives the body an interlude without those stressors so that it can speedily repair or accomplish healing that could not otherwise occur in the feeding state." - Joel Fuhrman (MD), family physician, nutritional researcher and New York Time’s bestselling author.

vegan shopping package of vegetables PF8U3RZsml

Wie kan NIE die vasbyt doen nie?

Die Vasbyt is nie geskik vir kinders, swanger vroue, vroue wat borsvoed, diabete, bejaardes en mense met lae bloedsuiker vlakke nie.

Maar vir die wat ’n drie-weke uitdaging wil laat tel en baie vet wil verbrand – kliek hier om te registreer

Moet dit nie misloop nie – wees deel van die opwindende Vasbyt! Registreer nou - klik hier.

Die Vasbyt kos slegs R680 en sluit jou 3-weke eet- en oefenplan in.
Addisionele produkte kan ook teen spesiale pryse aangekoop word deur dit op die registrasie vorm aan te dui. 

Ultragard Forte Combo:

  • Ultragard Forté voorsien die biochemiese basislyn wat nodig is vir die optimale funksionering van die liggaam – in terme van energie, lewenskragtigheid en viriliteit!
  • Ultragard Forté ondersteun instandhouding, voorkoming van siekte en dra by tot ‘n gesonde en lang lewe.
  • Ultragard Forté verder optimiseer belangrike funksies, soos verstandelike fiksheid, wakkerheid en lewenslustigheid

Canamere Alpha:
Canamere Alpha is 'n vloeibare gesondheids aanvulling gemaak met gekonsentreerde Botaniese stowwe wat onttrek is teen 'n lae temperature en sonder sintetiese chemikalieë of GMO-bestanddele in die vervaardiging proses tot finale produk

Lees gerus meer hieroor.

https://www.canamere.com/product-detail?rvdsfpid=canamere-alpha-100ml-19

 

SUGAR DETOX ADS 1

Eet jy te veel suiker, gebakte bederfies, soet goed, verfynde stysel en souse of geniet jy koeldrank en alkohol drankies meer gereeld? Weet jy wat is nadelige effek van te veel suiker op jou gesondheid?

Moenie bekommerd wees nie ons het ‘n suiker DETOKS PLAN REG VIR JOU! Met die plan gaan ons jou gewig laat verloor en jou drang vir suiker vir eens en altyd onder beheer kry.

Kom vat ons hand en stap die pad na die ligter, gesonder jy met ons unieke Detoks Vasbyt wat op 1 April 2019 afskop – ons sal jou help om weer ligter te leef.

Jy gaan van buite en binne detoks, skoonmaak en oor begin. Ons almal weet ons moet suiker uitskakel maar weet ons regtig watter produkte als suiker bevat en watter kosse suikervry is? Met die plan gaan ons saam met jou detoks sodat suiker se negatiewe gevolge nie meer deel is van jou lewe - soos moegheid, hoofpyn, lelike vel, vet om jou middel en hormoon wanbalanse.

Met die volhoubare lewenstyl gaan jy nooit WIL ophou nie!

Slegs R720 - en die detoks plan sluit in

  • ’n Maklike Eetplan wat alle suikers en versteekte suikers gaan uitsluit met ’n inkopielys
  • Effektiewe oefenplan wat jou metabolisme gaan verhoog en vet om jou maag afwerk.
  • Professionele kennis en deurlopende motivering

OPSIONEEL: LAFERM beveel ’n Ultragard combo supplement aan wat die 21dae die x- faktor tot jou gewig verlies kan wees.  Dit het die perfekte kombinasie minerale, soos sink en chromium, vitamiene en baie ander anti-oksidante in wat jou gaan help om bloedsuiker vlakke stabiel te hou en suiker cravings te bekamp. 

Let wel dit is nie ingesluit by pakket nie maar kan op bestel lys ekstra bestel word.  (Let wel laat 3-4 werksdae toe vir aflewering)

Sorry

Moet dit nie misloop nie!

Maak vandag die kopskuif en kom leef ligter saam met die LA FERM span!

Klik hier om te registreer.

Winter Vasbyt

  • Wil jy jouself op die bank opkrul met ’n lekker beker warm sjokolade wanneer die winterkoue nader kruip?
  • Soek jy dalk so bietjie motivering om so paar ekstra rolletjies om jou middel af te skud terwyl die sondebokke onder die lae klere bedek is?
  • Wonder jy dalk of dit hoegenaamd moontlik is om gesond te leef en gewig te verloor wanneer dit so koud en die dae so kort is?

Kom ons wees nou maar eerlik met mekaar – dis nie maklik om gesond te leef in die koue winters maande nie.  Ons wil warm comfort food eet en hoe nou gemaak as ons nie die gesonde gewoontes van die somer-maande wil verleer in die winter nie?

Kom vat ons hand met La FERM se winter vasbyt! Met ’n smul lekker eetplan en vuurwarm oefenplan wat jou verseker deur die winter gaan laat gewig verloor!

By La Ferm is dieet nie koue slaaie en smoothies nie – maar ’n gesonde leefstyl waarmee jy sal kan volhou. Dus is ons Winter Vasbyt ook ‘n volhoubare leefstyl pakket wat etes geskik vir die winter insluit – nie koue slaaie en smoothies nie.

Die pakket sluit ’n eetplan in met heerlike winter dieetkos wat kg en cms kan laat wegsmelt. Sien uit na soppe, warm suikervrye sjokolade voor die kaggel, biltong happies en springmielies! Dan kan dit mos net lekker wees om maklik gewig te verloor!

Maar meer nog – die meeste van hierdie eetplan se droë bestanddele is gerieflik verpak in ’n boks!

Ons stel met trots bekend La Ferm se Shake-it-Off Winter boks!

Vir sommige van ons is die winter ’n gevaarlike tyd sover dit gewigsbeheer aangaan omdat ons soveel makliker meer eet en minder aktief raak – juis daarom is ons praktiese eetplan en oefenprogram ideal om hierdie winter eerder in jou guns te laat draai en eerder gewig te verloor onder die lae wintersklere.

Met die winter Shake-it-off boks se vuurwarm oefenplan gaan jy verseker jou metabolisme aan die brand steek en verseker wees van ’n ferm lyf vir die lente!

Hoe dit ook al sy – La Ferm het vir jou die perfekte, bekostigbare plan: die Winter Shake-it-Off Vasbyt wat op 20 Mei 2019 afskop!

Teen slegs R1 380 vir ’n boks met porsies vir ’n vrou en R1 480 vir ’n boks met porsies vir ’n man is jy deel van die Vasbyt - en dit sluit in:

  • Die 21-dag eetplan met inkopielys en resepte – elektronies per epos gestuur, gerieflik en maklik byderhand
  • Effektiewe oefenplan – elektronies gestuur
  • Professionele kennis en deurlopende motivering met jou eie Dieetkundige en Biokinetikus "on call", altyd daar vir jou (waarde priceless)
  • Asook die BOKS wat onder andere insluit:
    • Verskeidenheid Lae GI ontbyt opsies gerieflik afgemeet
    • Happies vir snack tye – prakties en gesond
    • Variasie Ferm UP skommel vir jou middagetes – reeds in enkel porsies verpak
    • Sop, warm vrugteslaai mengsel en warm sjokolade!
  • Posgeld na een adres in Suid-Afrika ingesluit

Oorweeg gerus ons 2 volgende voorgestelde aanvullings om optimale resultate uit die plan te kry: (kan addisioneel by bestel word)

C-Guard:

Vitamien C is 'n noodsaaklike antioksidant, wat nodig is vir die:

  • Doeltreffende werking van die immuunstelsel, veral in die winter maande
  • Help om kollageen en bindweefsel te vorm.
  • Verbeter die absorpsie van yster.

Phytogard:

Geformuleer met 'n unieke kombinasie van plantsterole, vitamiene en minerale en antioksidante om jou immuunstelsel te verbeter, veral wanneer jy verkoue en griep het.

  • Help met behandeling van auto-immuun siektes
  • Help om ingewand membraan te herstel vir beter voedingstof opname. 
  • Verbeter lewens kwaliteit

Kom vat ons hand die winter – registreer sommer nou (Klik hier om te registreer) om seker te maak jy is deel van die Vasbyt!

Vir spesifieke navrae – stuur 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

aifood

Eetplan

'n Eetplan met 'n inkopielys en die nodige resepte wat weekliks vir die duur van die Vasbyt elektronies aan jou gestuur word op e-pos of whatsapp.

Die eetplanne is wetenskaplik, doeltreffend en glad nie volksvreemd nie. Ons werk met 'n lae kilojoule eetplan en porsies word beheer sodat jy 'n kleregrootte of meer (3-8 kg) kan verloor in 3 weke. Maar steeds met baie ander voordele vir jou gesondheid en gewig wat jy gaan AFHOU.

Besoek ons ook op facebook

facebook.png