• Image1LafermSite.jpg
  • Image5LafermSite.jpg
  • Image6LafermSite.jpg

INTERMITTENT FASTING VASBYT ADS 2019 2sml

Wil jy van ’n paar kilogramme ontslae raak maar ook sommer vinnig resultate sien? Of het jy net nog nie probeer nie, omdat soveel probeerslae al misluk het? Kom byt saam vas en ervaar ’n verskil!

La Ferm se gewilde “Intermittent Fasting” Vasbyt wat in November 2018 en Januarie 2019 soveel sukses behaal het, is terug! Dit is ons onderbroke vastingsdieet waar jy afwisselend vir 2 van die 7 dae in die week, met tydsintervalle, gaan vas! Jy het reg gelees – jy gaan op ’n gesonde manier vas en vet verbrand! 

Maar: met 'n NUWE vars, opwindende eet- en oefenplan! Ons gaan “Plant based” eet. Geen dier proteïene nie, net groente, vrugte, plant olies en vette (sade en neute) en lae GI koolhidrate! En moenie bekommerd wees nie jy gaan steeds genoeg proteïene in kry.

Hier is so bietjie terugvoer van ons vorige vasbyt wenner – Sandra het met die vasbyt amper 6kg verloor en het meer as 40cm gekrimp! In haar eie woorde: “Baie dankie vir die metamorfose wat ek kon ondergaan, van ‘n lelike eendjie tot ‘n feëprinses! Ja, dit is hoe ek voel, ten spyte van my ouderdom! Vanaf die November tot nou het ek al amper 11kg afgeskud en ek blom! Dankie dankie!”

Baie baie dankie julle. Ek het dit sooo geniet. Dit was maklik en volhoubaar. Ek sal dit beslis vir almal aanbeveel wat gewig wil verloor.

 

Weereens BAIE dankie!!!

Rika Roos

  

Dit kan jou verhaal word!

Hoe werk dit?
Dit word genoem die "Intermittent Fasting” of Onderbroke vastingsdieet. Jy volg vir vyf dae in die week 'n gesonde eetplan wat 3 maaltye insluit 4-5 ure uitmekaar. En vas dan vir twee agtereenvolgende dae. Maar die vas beteken nie jy eet niks nie – 'n tipiese vasdag behels twee maaltye en 'n happie tussen in. Jou vastings tydperk is 16 ure. Jou totale kilojoule inname vir die res van die dag is 'n verminderde 2520 kJ’s.

 

Voordele van die “Intermittent Fasting” eetplan:

  • Die geheim tot gewigsverlies is dat jou lyf na slegs 'n paar uur die meganismes afskakel wat vet stoor. En dié aanskakel wat vet verbrand. Jy leer dus jou lyf om vet te verbrand!
  • Verminderde risiko vir hartsiektes: Onderbroke vasting lei tot verlaging van LDL-C (slegte cholesterol) asook verlaging in bloeddruk.
  • Verminderde risiko vir sekere kankers a.g.v. verlaging van Insulien-agtige groeifaktor 1 (IGF-1)
  • Verbeterde insulien sensitiwiteit: Vas kan ook 'n uitwerking hê op die vlakke van die hormoon insulien – veral as verfynde suikers en stysels uitgeskakel word. Hoё insulienvlakke dra daartoe by dat die sel-omgewing verander. Selle verdeel dan te veel en verkeerd, wat weer bydrae tot oorgewig. Hoё insulienvlakke gaan ook gepaard met insulien weerstandigheid. Dis iets waaraan 80% van oorgewig mense lei en die voorlooper van Diabetes.
  • Verandering in liggaam samestelling: Onderbroke vasting lei daartoe dat jou liggaam vashou aan spiermassa en vet verloor – presies wat ons wil hê!
  • Leef langer en voorkom siektes.

 

Vas is dalk vir jou 'n vreemde begrip – so kom ons kyk wat sê die media oor “Intermittent Fasting” as dieet:

"Fasting can benefit any otherwise healthy person whose calories now have the upper hand in his or her life" - New England Journal of Medicine.

"Therapeutic fasting is not a mystical or magical cure. It works because the body has within it the capacity to heal itself when obstacles to healing are removed. Health is a normal state. Most chronic diseases is the inevitable consequences of living a lifestyle that places disease-causing stressors on the human organism. Fasting gives the body an interlude without those stressors so that it can speedily repair or accomplish healing that could not otherwise occur in the feeding state." - Joel Fuhrman (MD), family physician, nutritional researcher and New York Time’s bestselling author.

vegan shopping package of vegetables PF8U3RZsml

Wie kan NIE die vasbyt doen nie?

Die Vasbyt is nie geskik vir kinders, swanger vroue, vroue wat borsvoed, diabete, bejaardes en mense met lae bloedsuiker vlakke nie.

Maar vir die wat ’n drie-weke uitdaging wil laat tel en baie vet wil verbrand – kliek hier om te registreer

Moet dit nie misloop nie – wees deel van die opwindende Vasbyt! Registreer nou - klik hier.

Die Vasbyt kos slegs R680 en sluit jou 3-weke eet- en oefenplan in.
Addisionele produkte kan ook teen spesiale pryse aangekoop word deur dit op die registrasie vorm aan te dui. 

Ultragard Forte Combo:

  • Ultragard Forté voorsien die biochemiese basislyn wat nodig is vir die optimale funksionering van die liggaam – in terme van energie, lewenskragtigheid en viriliteit!
  • Ultragard Forté ondersteun instandhouding, voorkoming van siekte en dra by tot ‘n gesonde en lang lewe.
  • Ultragard Forté verder optimiseer belangrike funksies, soos verstandelike fiksheid, wakkerheid en lewenslustigheid

Canamere Alpha:
Canamere Alpha is 'n vloeibare gesondheids aanvulling gemaak met gekonsentreerde Botaniese stowwe wat onttrek is teen 'n lae temperature en sonder sintetiese chemikalieë of GMO-bestanddele in die vervaardiging proses tot finale produk

Lees gerus meer hieroor.

https://www.canamere.com/product-detail?rvdsfpid=canamere-alpha-100ml-19