• Image1LafermSite.jpg
  • Image5LafermSite.jpg
  • Image6LafermSite.jpg

PLANT BASED 2020 4

 

"Plant based" 10 dag plan 

In die gesondheids- en welstandsgemeenskappe gons dit behoorlik oor die voordele van ‘n Plantaardige of beter bekend “PLANT BASED” dieet.

Jy wil graag die nuwe leefstyl aanpak maar weet nie waar om te begin nie? La Ferm gaan jou hand vat die 10 dae! Ons gaan jou alles leer rondom die “PLANT BASED, WHOLE FOOD” eetgewoontes en voordele van die spesifieke eetplan. 

Ons help jou met plant proteïen alternatiewe asook heerlike resepte sodat jy nie eers dier proteïene gaan mis nie. Die eetplan fokus op minimaal verwerkte voedsel, spesifiek plantaardig, en is effektief om gewig te verloor sowel as algehele gesondheid te verbeter.

La Ferm se planne sluit ook ’n oefenprogram in wat kort maar effektief is en volhoubaar in jou daaglikse roetine ingewerk kan word. Die proteïene inhoud van die eetplan is ook so bereken deur ons dieetkundige dat dit nie tot spiermassa verlies sal lei nie.  Die plan gaan sorg dat jy vet verbrand en maer spiermassa bou.  So as jy ’n slanker lyf wil hê wat gesonder voel en lyk moet jy die plan nie mis nie.  

As jy wel ’n oefenprogram volg wat langer as ’n uur se hoë intensiteit oefeninge inhou kan jy ons persoonlik kontak vir advies. 

Hierdie “PLANT BASED” – 10 DAG PLAN skop af 14 OKTOBER 2020.

Moenie uit mis op die vasbyt nie.  Registreer nou! Kliek hier en stap die 10 dae saam met La Ferm span.