• AWINTER.jpg
  • Image1LafermSite.jpg
  • Image5LafermSite.jpg
  • Image6LafermSite.jpg

Winter Vasbyt

  • Wil jy jouself op die bank opkrul met ’n lekker beker warm sjokolade wanneer die winterkoue nader kruip?
  • Soek jy dalk so bietjie motivering om so paar ekstra rolletjies om jou middel af te skud terwyl die sondebokke onder die lae klere bedek is?
  • Wonder jy dalk of dit hoegenaamd moontlik is om gesond te leef en gewig te verloor wanneer dit so koud en die dae so kort is?

Kom ons wees nou maar eerlik met mekaar – dis nie maklik om gesond te leef in die koue winters maande nie.  Ons wil warm comfort food eet en hoe nou gemaak as ons nie die gesonde gewoontes van die somer-maande wil verleer in die winter nie?

Kom vat ons hand met La FERM se winter vasbyt! Met ’n smul lekker eetplan en vuurwarm oefenplan wat jou verseker deur die winter gaan laat gewig verloor!

By La Ferm is dieet nie koue slaaie en smoothies nie – maar ’n gesonde leefstyl waarmee jy sal kan volhou. Dus is ons Winter Vasbyt ook ‘n volhoubare leefstyl pakket wat etes geskik vir die winter insluit – nie koue slaaie en smoothies nie.

Die pakket sluit ’n eetplan in met heerlike winter dieetkos wat kg en cms kan laat wegsmelt. Sien uit na soppe, warm suikervrye sjokolade voor die kaggel, biltong happies en springmielies! Dan kan dit mos net lekker wees om maklik gewig te verloor!

Maar meer nog – die meeste van hierdie eetplan se droë bestanddele is gerieflik verpak in ’n boks!

Ons stel met trots bekend La Ferm se Shake-it-Off Winter boks!

Vir sommige van ons is die winter ’n gevaarlike tyd sover dit gewigsbeheer aangaan omdat ons soveel makliker meer eet en minder aktief raak – juis daarom is ons praktiese eetplan en oefenprogram ideal om hierdie winter eerder in jou guns te laat draai en eerder gewig te verloor onder die lae wintersklere.

Met die winter Shake-it-off boks se vuurwarm oefenplan gaan jy verseker jou metabolisme aan die brand steek en verseker wees van ’n ferm lyf vir die lente!

Hoe dit ook al sy – La Ferm het vir jou die perfekte, bekostigbare plan: die Winter Shake-it-Off Vasbyt wat op 20 Mei 2019 afskop!

Teen slegs R1 380 vir ’n boks met porsies vir ’n vrou en R1 480 vir ’n boks met porsies vir ’n man is jy deel van die Vasbyt - en dit sluit in:

  • Die 21-dag eetplan met inkopielys en resepte – elektronies per epos gestuur, gerieflik en maklik byderhand
  • Effektiewe oefenplan – elektronies gestuur
  • Professionele kennis en deurlopende motivering met jou eie Dieetkundige en Biokinetikus "on call", altyd daar vir jou (waarde priceless)
  • Asook die BOKS wat onder andere insluit:
    • Verskeidenheid Lae GI ontbyt opsies gerieflik afgemeet
    • Happies vir snack tye – prakties en gesond
    • Variasie Ferm UP skommel vir jou middagetes – reeds in enkel porsies verpak
    • Sop, warm vrugteslaai mengsel en warm sjokolade!
  • Posgeld na een adres in Suid-Afrika ingesluit

Oorweeg gerus ons 2 volgende voorgestelde aanvullings om optimale resultate uit die plan te kry: (kan addisioneel by bestel word)

C-Guard:

Vitamien C is 'n noodsaaklike antioksidant, wat nodig is vir die:

  • Doeltreffende werking van die immuunstelsel, veral in die winter maande
  • Help om kollageen en bindweefsel te vorm.
  • Verbeter die absorpsie van yster.

Phytogard:

Geformuleer met 'n unieke kombinasie van plantsterole, vitamiene en minerale en antioksidante om jou immuunstelsel te verbeter, veral wanneer jy verkoue en griep het.

  • Help met behandeling van auto-immuun siektes
  • Help om ingewand membraan te herstel vir beter voedingstof opname. 
  • Verbeter lewens kwaliteit

Kom vat ons hand die winter – registreer sommer nou (Klik hier om te registreer) om seker te maak jy is deel van die Vasbyt!

Vir spesifieke navrae – stuur 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.