Aanlyn Oefenklasse - Per Maand

Klasse word afgewissel met Pilates, Callinetics, Barre-, mat , HIIT, Swissbal-, rek, “Fascia release” en gewigte oefeninge. Diep asemhaling en strekke word in elke klas gedoen. ’n Liggaam wat gewoond raak aan een enkele aktiwiteit sal stagneer en nie reageer nie. Daarom wissel ons dit af en hou dit interessant.

R300.00

Kom oefen saam met ons in jou eie huis op jou eie tyd! Gemaklik en sonder om te wag vir enige apparaat! En as jy nie die dag se klas kan maak nie dan stuur ons vir jou ‘n “link” na die dag se klas om te doen wanneer jy kan. Dit is slegs maandeliks, en jy kan jou klasse aansluit soos dit jou roetine pas!

Klasse word aangebied via ZOOM en kan op android, app store of skoot rekenaar afgelaai word.

Wanneer is klasse:
MAANDAE: 7:45 – 8:30
DINSDAG 17:00 – 17:45 – MIDDAG KLAS
WOENSDAE: 7:45 – 8:30
DONDERDAG: 17:00 – 17:45 MIDDAG KLAS
VRYDAE: 7:45 – 8:30