Borsvoeding Plan

TAAL: AFRIKAANS 

Geluk met die koms van jou baba, en dat jy besluit het om die beste voeding vir jou baba te gee!

Saam met La Ferm kan jy ontspan en jou lyf terugkry terwyl jy borsvoed met ons gesonde en gebalanseerde borsvoedings plan!

R880.00

Jou nuwe baba is ‘n groot aanpassing en die moegheid en stres kan jou laat hunker na verkeerde eetgoed. As jy boonop borsvoed, is dit nog moeiliker om ‘n dieet te volg, want jy wil ook sorg dat jou baba genoeg voedingstowwe inkry. La Ferm het die oplossing: ’n praktiese 3 weke Lae GI eetplan, hoog in oplosbare vesel en vry van gasvormende voedselprodukte wat baba krampies kan gee en winderigheid kan veroorsaak. Met die nuwe besige lyfie in die huis is tyd kosbaar en jy wil nie graag etes mis nie – dan kan jy een maaltyd ‘n dag vervang met ons veilige FERM UP skommel. En met DVD 3 oefen jy sommer weer jou lyf ferm sodat jy weer in jou klere voor swangerskap kan pas.

La Ferm se 3-weke Borsvoedingsplan gaan seker maak dat baba nutriёntdigte moedersmelk kry en dat mamma volgehoue energie het.

Onthou dit wat jy eet bepaal die voedingswaarde van jou borsmelk en jou baba se groei en ontwikkeling. Daarmee saam gebruik jou liggaam baie energie om borsmelk te produseer, en is dit dus belangrik dat jy genoegsaam en voedsaam eet, tot jou voordeel ook.

Kom vat ons hand en wees ‘n gesonde mamma met ‘n gesonde baba!

Die plan sluit in:

  • ‘n Maklike 3-weke eetplan met inkopielys en resepte (porsies vir mans en vrouens beskikbaar as pappa saam wil eet)
  • Wees Ferm Wees Gesond en Swanger DVD 3
  • 1 kg FERM UP skommel as veilige maaltydvervanger (want ons verstaan dat jou tyd kosbaar is! )