Ferm Up Skommel

Ferm Up saam met La Ferm!

  • Soek jy ‘n maklike middagete vir ‘n “on-the-go” leefstyl?
  • Of eet jy nie graag ontbyt nie, maar soek ‘n plaasvervanger wat jou nog al die voedsaamheid van ‘n gesonde maaltyd bied?
  • Miskien wil jy gewig verloor op ‘n eenvoudige, smaaklike manier?

R320.00

Clear

Ons weet dat ‘n voltydse werk saam met die alledaagse besig wees soms net te veel druk op ons plaas om nog gesond te eet ook – maar om ‘n ete oor te slaan lei tot moegheid, lae bloedsuiker en oorgewig… LaFerm het egter die oplossing – geen ete word vinniger gemaak as ons heerlike skommel nie!

Dis die ideale maaltydvervanger vir gewigsverlies of sommer net vir jou gerief. As jy nie middagete tuis is nie of nie graag ontbyt eet nie, vervang een ete per dag met hierdie topverkoper skommel. Ferm Up is suikervry en laag in vet. Dit het die ideale koolhidraat- tot proteïenverhouding om jou versadig te hou terwyl dit die cm’s laat kwyn.

Ons skommel is beskikbaar in aarbei, karamel of sjokolade geur en kan met water of melk aangemaak word.

Bestel nou jou Ferm Up Skommel en vat ons hand na ‘n gesonder, ligter jy!