Gesonde Hart & Cholesterol Plan

TAAL : AFRIKAANS

As jy hoë bloeddruk of cholesterol het, ‘n pre-diabeet is of selfs al ‘n hartaanval gehad het, gaan hierdie plan vir jou werk.

La Ferm kan jou help om ‘n lewenstyl te volg wat jou hart weer optimaal sal laat klop en cholesterol vlakke kan verlaag. Dis ‘n lewenstyl eetplan waarmee jy sal kan volhou!

R680.00

Natuurlik gaan ons jou gewig laat verloor as jy nie reeds op jou ideale gewig is nie, want obesiteit, onaktiwiteit en rook vererger die risiko op enige hartvatsiektes. Ons werk met ‘n lae kilojoule eetplan en porsies word beheer sodat jy ‘n kleregrootte of meer in slegs 21 dae kan verloor (3-8 kg), steeds met die voordele van cholesterol beheer en gewig wat jy gaan afhou. Ons leer jou ‘n gesonde manier van eet en bied jou ‘n lewenstyl wat na die 3 weke kan aangaan sodat jy oor 3 maande ‘n normale lipied profiel kan hê met ‘n verminderde risiko vir ‘n hartaanval en beroerte.

Hierdie plan sluit in:

  • 21-dae eetplan met inkopielys en resepte (mans en dames eetplan beskikbaar)
  • Oefenprogram bestaande uit strekke en veilige krag oefeninge

 

Maak vandag die kopskuif en vat ons hand op die pad na gesonder hart en cholesterol vlakke.