Granola

R70.00R140.00

Clear

Breakfast Granola 

La Ferm se Breakfast Granola is ideaal vir ‘n gesonde ontbyt, tussen-in happie of om te gebruik in jou smoothies. Dit sal jou volgehoue energie gee, is hoog in vesel en gelaai met voedingstowwe.

Al die bestanddele is rou, koringvry en elke bestanddeel het ‘n doel:

  • Rou en gevlokte amandels: Goeie bron van proteïn en noodsaaaklike vet.
  • Pampoensaad: Goeie bron van proteïn, noodsaaklike vet en vesel.
  • Sonneblomsaad: Hoog in Vit E (‘n antioksidant), veg teen vrye radikale en inflammasie. Ook ‘n goeie bron van Magnesium en vesel.
  • Sesame saad: Kalsium & Fosfor bevorder beengesondheid. Goeie bron van antioksidante, verlig ook spanning en verlaag hipertensie.
  • Heuning: Hoë glukemiese koolhidrate vir vinnige vrystelling van energie.

Geniet dit saam met jogurt, vrugte of net so.

Chia Granola

La Ferm se Chia Granola het dieselfde voedsaamheid as die Breakfast Granola met die ekstra voordele van anti-oksidante, vesel, omega-3 asook bron van proteïen.

Cranberry Granola

La Ferm se Cranberry Granola het dieselfde voedsaamheid as die Breakfast Granola met die ekstra voordele van Rooibosbessies en Klapper.

  • Rooibosbessies: Versterk die immunstelsel en help met die niere se funksionering.
  • Gedroogde Klapper: Bron van MCT-vette wat deur die liggaam omgeskakel word in energie en bevat ook antivirale, antifungale en antibakteriese eienskappe.