Herstel jou Hormone – "Burnt Out?"

10 dag plan om gewig te verloor en stres te hanteer!

Ervaar jy 3 of meer van die volgende simptome? 

  • Is jy permanent moeg en voel uitgeput?
  • Laat jou nagrus jou nie uitgerus voel nie en is dit ‘n stryd om wakker te word in die oggende?
  • Is jy afhanklik van koffie of ander kaffeïene om aan die gang te bly?
  • Voel jy afgemat en oorweldig,  en nie in staat om die faktore wat jou spanning vermeerder, te hanteer nie?
  • Het jy onbeheerbare drang na sout of soet versnapperinge?
  • Worstel jy om die daaglikse lewe te hanteer?
  • Onvermoë om te herstel na besering, siekte of spanning?

 

Het jy geweet dat stres jou gewig kan laat optel?

Het jy geweet dat jou stres vlakke jou seks hormone en skieldklier kan beinvloed?

La Ferm het vir jou goeie raad en ‘n plan om jou stres vlakke beter te hanteer sodat jy kan gewig verloor!

R450.00

Hormone het ‘n impak op jou liggaamlike en emosionele gesondheid. Dit is jou liggaam se chemiese boodskappers wat ‘n baie groot rol speel in die beheer van jou eetlus, gewig en gemoed, om net ‘n paar te noem. Hormone help ook om baie van jou liggaam se groot prosesse te kontroleer, soos jou metabolisme en voortplanting.

Wanneer jy ‘n hormoonwanbalans het kan dit ernstige gevolge hê reg deur jou liggaam. ‘n Hormonale wanbalans het ‘n toenemende faktor geword in ons gejaagde, moderne leefstyl. 

Die plan is ’n holistiese behandelingsplan wat insluit ‘n 10-dag eet- en oefenplan, kennis oor hormone wat verband hou met gewig asook praktiese advies oor supplemente en superkosse wat wel ‘n verskil kan maak.