Wil jy gesond en reg eet op ‘n sakpas manier?
Wil jy ‘n praktiese, goedkoop plan hê wat die hele familie kan gebruik?
Wil jy nie elke aand wonder wat is vir aandete nie ?
Wil jy ‘n inkopielys hê met gesonde kos wat lekker etes kan maak?
Jy wil die vars produkte in jou yskas alles gebruik en nie mors nie sodoende spaar en aanhou gesond eet?
Plan sluit in:
R680.00
Met ons “Intermittent Fasting” of bekend as die Onderbroke vastingsdieet gaan La Ferm jou help om op ‘n veilige manier te vas, gewig te verloor en jou metabolisme ‘n hupstoot te gee. Jy gaan na die 3 weke VARS voel, LIGTER leef en GESONDER wees met die bonus om daardie oortollige vetjies af te skud.
Met die plan volg ons die 5:2 afwisselende vastingsregime met ‘n opwindende sakpas formaat, spesiaal vir wanneer die begroting mooi moet klop. In plaas van dat ons ‘n voorgeskrewe spyskaart vir die 3 weke gee, gaan hierdie eetplan opsies gee vir die nie-vas, vas, en naweek dae. Dit beteken dat jy self sal kies watter dag se spyskaart jy verkies en ook die dae kan herhaal waarvoor jy nog bestanddele in jou yskas oorhet. Sakpas met ’n ekonomiese inkopielys en geen vermorsing!
Voordele van die plan:
Ons het fantastiese resultate met die plan, tussen 1.5-4kg verlies per week, bo en behalwe die volgende:
Wat behels die Vastingsprogram:
Jy volg vyf dae lank ‘n gesonde, gebalanseerde eetplan, en vas dan twee dae. Maar die vas beteken nie jy eet niks nie. ‘n Tipiese vasdag behels twee maaltye en ‘n happie tussenin. Jou totale kilojoule inname vir die dag is 2520 kJ’s. Die eetplan is perfek geformuleer deur ‘n dieetkundige vir ’n man of vrou, en jy hoef nie resepte uit te dink of te wonder of jy reg vas nie. Alles is gerieflik vir jou op die eetplan uiteengesit.
Geen eetplan kan sonder ’n gebalanseerde en veilige oefenplan suksesvol wees nie. Ons oefenplan is aangepas vir die vastingsdae sodat jy so min as moontlik ekstra energie verbruik. Strekke en postuur-oefeninge word voorgeskryf vir die 2 vastingsdae. Die ander dae verbrand jy verseker vet en verbeter jou metabolisme met die oefenplan.
KOPIEREG © 2018-2024. ALLE REGTE VOORBEHOU. | TERME EN VOORWAARDES