Antwoord die volgende:
Met ons “Intermittent Fasting” of bekend as die Onderbroke vastingsdieet gaan La Ferm jou help om op ‘n veilige manier te vas, gewig te verloor en jou metabolisme ‘n hupstoot te gee. Jy gaan na die 3 weke VARS voel, LIGTER leef en GESONDER wees met die bonus om daardie oortollige vetjies af te skud.
Plan sluit in:
R680.00
Met die plan volg ons die 5:2 afwisselende vastingsregime met ‘n opwindende “Plant based” eetplan en geskikte oefenplan. Die eetplan sluit in geen dier-proteïene nie, net groente, vrugte, plant-olies en vette (sade en neute) en lae GI koolhidrate. Moenie bekommerd wees nie: jy gaan steeds genoeg proteïene inneem. Alhoewel dit dalk ‘n vreemde konsep is, is daar talle voordele aan verbonde. Maak sommer dadelik die kopskuif!
Voordele van die plan:
Ons het fantastiese resultate met die plan, tussen 1.5-4kg verlies per week, bo en behalwe die volgende:
Onderbroke vasting moet nie gedoen word deur kinders, swanger vroue, vroue wat borsvoed, diabete, bejaardes en mense met lae bloedsuiker vlakke nie.
Wat behels die Vastingsprogram:
Jy volg vyf dae lank ‘n gesonde, gebalanseerde eetplan, en vas dan twee dae. Maar die vas beteken nie jy eet niks nie. ‘n Tipiese vasdag behels twee maaltye en ‘n happie tussenin. Jou totale kilojoule inname vir die dag is 2520 kJ’s. Die eetplan is perfek geformuleer deur ‘n dieetkundige vir ’n man of vrou, en jy hoef nie resepte uit te dink of te wonder of jy reg vas nie. Alles is gerieflik vir jou op die eetplan uiteengesit.
Geen eetplan kan sonder ’n gebalanseerde en veilige oefenplan suksesvol wees nie. Ons oefenplan is aangepas vir die vastingsdae sodat jy so min as moontlik ekstra energie verbruik. Strekke en postuur-oefeninge word voorgeskryf vir die 2 vastingsdae. Die ander dae verbrand jy verseker vet en verbeter jou metabolisme met die oefenplan.
ONS NANO PRODUKTE IS ALMAL SUIWER PLANT GEBASEERDE AANVULLINGS EN FERM UP SKOMMELS BEVAT GEEN DIERLIKE PRODUKTE EN SUIKER NIE. DIT WORD STERK AAN BEVEEL SAAM MET DIE PLAN.
KOPIEREG © 2018-2024. ALLE REGTE VOORBEHOU. | TERME EN VOORWAARDES