Terme & Voorwaardes

Ek verstaan en gee toestemming dat La Ferm my in ‘n raadgewende hoedanigheid sal help rakende gesonde eetgewoontes, oefeninge asook aanvullings en nie terapeuties in behandeling sal optree nie. Ek neem my voor dat nie ek of my familie/regsverteenwoordigers/ander persone wat namens my mag optree enige wetlike stappe teen ‘La Ferm’ of enige van die individue sal neem indien ek siek sou word, of nie die gewenste uitkoms sou bereik nie. Hiermee aanvaar La FERM geen verantwoordelikheid vir enige iets wat tydens die eet en oefenprogram opgedoen of ervaar word nie. Laaste net ’n versoek dat alle inligting La FERM se eiendom is dat julle ons eerder sal bemark as om net aan te deel met iemand. Ons kan net voortbestaan as jul ons help. Baie dankie by voorbaat.

Shake It Off Boks – Dames

Goeie nuus – JY MAAK DIE KEUSE EN ONS STUUR JOU PLAN
(Keuse uit 4 opsies)

Registreer vandag indien jy:

  • Gewig wil verloor.
  • ‘n “Intermittent Fasting” plan reg wil volg.
  • Gewaarborgde sukses wil ervaar deur ‘n praktiese en gemaklike VASTINGS plan.
  • Kan baat vind by ekstra motivering en aanspreeklikheid.
  • EN LIG WIL VOEL EN FANTASTIES WIL LYK


La Ferm se missie is om vir kliënte ‘n praktiese en lekker dieet- en oefenplan te gee wat by hul leefstyl pas. Daarom bied ons vir jou die opsie om te kies watter VASTINGS plan die beste vir jou kan werk. Die eetplan vir 21dae is ’n onderbroke vastingsdieet waar jy afwisselend vir 2 van die 7 dae in die week, met tydsintervalle, gaan vas! Jy het reg gelees – jy gaan op ’n gesonde manier vas en vet verbrand!

DIE KIES JOU INTERMITTENT FASTING VASBYT BEGIN 5 Mei – 25 Mei

21-Dag eetplan:

Ontvang jou eetplan, inkopielys en resepte per epos, gerieflik en maklik byderhand. Mans en dames eetplan is beskikbaar.

Oefenprogram:

‘n Kort, effektiewe oefenprogram met videos en oefenkaarte, om jou fermer en warm te oefen. Dit kan in die gemak van jou eie huis op jou eie tyd gedoen word.

Motivering, Raad en Aanspreeklikheid

Deurlopende, altyd daar professionele kennis, raad en motivering met jou eie Dieetkundige en Biokinetikus. Jy word gemonitor deur jou skaal en meetkaart wat jy met groepleier deel. Ons Vasbyters deel ook motivering en hou mekaar aanspreeklik op ons Whatsapp groep.

Kom vat La Ferm se hand met ons Intermittent Fasting Vasbyt en ervaar die verskil!

Jou 4 opsies is:

1. SHAPE UP BOKS

Die boks is vir die “on the go” persoon,  die “Intermittent Fasting” plan is perfek geformuleer en is eenvoudig met 2-3 etes per dag en min voorbereiding. Die boks het Superfood poeiers in wat daardie superkos-hupstoot vir jou sal gee en maaltydvervanger wat reeds is die regte porsie verpak is om jou energievlakke te handhaaf vir ‘n “on-the-go” leefstyl.  Die oefenplan is ‘n ferm maak gewigte program wat jy tuis of in ‘n gym kan voltooi 20-40min.

Jy kan vinnig resultate sien – dis ‘n maklike plan en is ‘n goedkoop alternatief op lang inkopielyste.

Ingesluit in die boks:

  • 3 verskillende soorte Superfood poeiers genoeg vir 15x skommels op jou plan (bevorder detoks, spierbou en energievlakke)
  • 3 verskillende geure suiker vrye FERM UP shake poeiers sodat jy geure kan afwissel en langer versadig voel en meer tyd het. Genoeg vir 15 shakes om etes te vervang.
  • Dus is 30 van jou 51 etes reeds vir jou verpak in die boks.


INGESLUIT ‘N GRATIS SHAKE BEKERTJIE

2. SOMER INTERMITTENT FASTING PLAN

Met ons “Intermittent Fasting” of bekend as die Onderbroke vastingsdieet gaan La Ferm jou help om op ‘n veilige manier te vas, gewig te verloor en jou metabolisme ‘n hupstoot te gee. Jy gaan na die 3 weke VARS voel, LIGTER leef en GESONDER wees met die bonus om daardie oortollige vetjies af te skud. Met die plan volg ons die 5:2 afwisselende vastingsregime met ‘n opwindende SOMER eetplan, resepte en geskikte oefenplan met video’s. Hierdie is elektroniese plan dus geen boks op produkte word ingesluit nie.

3. WINTER INTERMITTENT FASTING PLAN

Kom vat La Ferm se hand met ons WINTER Intermittent Fasting plan en sien steeds gewigverlies resultate met ’n WINTER seisoen eetplan wat heerlike wintersdisse en sop resepte insluit. Hierdie is elektroniese plan dus geen boks op produkte word ingesluit nie.

4. PLANTBASED INTERMITTENT FASTING PLAN

Wil jy dierlike proteïene uit jou dieet haal om inflammasie te beveg en gesond te word?

Maar steeds ‘n veilige vastingsplan volg?

Met die plan volg ons die 5:2 afwisselende vastingsregime met ‘n opwindende “Plant based” eetplan en geskikte oefenplan. Die eetplan sluit in geen dier-proteïene nie, net groente, vrugte, plant-olies en vette (sade en neute) en lae GI koolhidrate. Moenie bekommerd wees nie: jy gaan steeds genoeg proteïene inneem. Alhoewel dit dalk ‘n vreemde konsep is, is daar talle voordele aan verbonde. Maak sommer dadelik die kopskuif!

Pssst! Dit neem 5 werksdae om jou produkte te koerier, registreer sommer vroeg sodat jy jou produkte betyds kan ontvang.

 

Addisionele produkte word sterk aanbeveel:

  1. LA FERM DETOKS SHOT – ‘n Daaglikse Super Shot bevat gemmer-, kaneel-, borrie-, maca-, wortel- en lynsaad poeier. Alles superkosse ideaal vir ‘n lewer detoks.
  2. As jy baie besig is bestel gerus jou FERM UP SJOKOLADE OF KARAMEL EKSTRA BY OM ‘N ETE TE VERVANG.  Jy kan die warm ook geniet, dit is lekker vir koue dae.
  3. LA FERM 3 GEURE TEE’S LEKKER WARM EN GEURIG. Kry sommer al 3 geure dan kan jy dit afwissel)
  4. LA FERM SOP MENGSEL OM EETPLAN EN AANKOPE TE VERGEMAKLIK. (Ons beveel 2x pakkies aan vir die WINTER eetplan)
  5. THERMOLEAN – GEWIGSBEHEER AANVULLING (BEVAT: 5-HTP, RASPBERRY KETONE, GARCINIA CAMBOGIA) ’n Vuurwarm produk wat vetverbranding aanhelp en aptyt beheer.
  6. GLUTAMINE & BCAA 50-50 (ANTI-KATABOLIES, HERSTEL & VERSKAF ENERGIE)
  7. FEMALEAN – ‘N NATUURLIKE VROULIKE AANVULLING (want as jou hormone gebalanseerd is verloor jy gewig

R899.00

Kies jou opsie en die addisionele produkte wat jy wil aankoop:

Terme & Voorwaardes

Ek verstaan en gee toestemming dat La Ferm my in raadgewende hoedanigheid sal help ligrakende gesonde eetgewoontes, oefeninge asook aanvullings en nie terapeuties in behandeling sal optree nie. Ek neem my voor dat nie ek of my familie/regsverteenwoordigers/ander persone wat namens my mag optree enige wetlike stappe teen ‘La Ferm’ of enige van die individue sal neem indien ek siek sou word, of nie die gewenste uitkoms sou bereik nie. Hiermee aanvaar La FERM geen verantwoordelikheid vir enige iets wat tydens die eet en oefenprogram opgedoen of ervaar word nie. Laaste net ’n versoek dat alle inligting La FERM se eiendom is dat julle ons eerder sal bemark as om net aan te deel met iemand. Ons kan net voortbestaan as jul ons help. Baie dankie by voorbaat.

Begin gesels
Kan ons help?
Gesels met ons!
Welkom by La Ferm, hoe kan ons vandag uithelp? 🌸