Kan jy jouself met een van hierdie vrae vereenselwig?
R690.00 – R1,200.00
La Ferm het die ideale beginpunt. Die boks sluit die volgende in:
As jy die boks met die Intermittent Fasting Plan neem, kry jy ook :
Die 21-dae Intermittent Fasting-maaltydplan met ‘n inkopielys, 21-dae-spyskaart en heerlike resepte – (op USB in boks)
‘n Effektiewe, gebalanseerde oefenprogram, versprei oor 21 dae – plan en video’s ingesluit (op USB in boks)
Wat om te verwag van die Intermittent Fasting-maaltydplan?
Vir vyf dae van die week volg ons ‘n gesonde, gebalanseerde maaltydplan. Dan vas ons vir twee dae. Maar “vas” beteken nie “niks eet nie”. ‘n Tipiese VASDAG bestaan uit twee maaltye en ‘n versnapering, maar met ‘n tydsbestek van 16 uur tussen die vorige aandete en die eerste maaltyd van die volgende dag. In daardie tydsbestek moet niks met kilojoulewaarde verbruik word nie. Vir die ander vyf dae moet drie gebalanseerde maaltye geëet word. Dit is egter belangrik om te besef dat jy nie kan eet wat jy wil op die vyf nie-vasdae nie en dan dink dit word reggestel met die twee vasdae nie. Die vyf dae tussenin is net so belangrik vir sukses as die twee vasdae.
Ons weet dat die tempo van die lewe en gejaagde skedules bydra tot die druk wat ons op onsself plaas en om gesond te eet, is gewoonlik die eerste ding wat ons in die gedrang bring. Maar om ‘n maaltyd oor te slaan, sal lei tot moegheid, lae bloedsuikervlakke en oorgewig as gevolg van ‘n vertraagde metabolisme.
Hoekom die superkos smoothie poeiers?
Ons boks bevat drie superkos-smoothie poeiers, naamlik die Beetroot & Berry, White Active en Green Superfood Smoothie-poeiers, gerieflik verpak in enkelporsies. Dit maak dit bekostigbaar vir jou en haal die moeite uit om bestanddele uit te meet wanneer jy ‘n smoothie maak. Ons verskaf ook heerlike resepte vir smoothies wat vinnig en maklik is om binne minute vir jou ‘n maaltyd te maak!
Die Beetroot & Berry-poeier is ryk aan anti-oksidante, vesel en baie fitonutriënte. Dit bevat Chia sade, beet, bloubessie, goji bessie poeier propvol anti-oksidante asook ‘n kombinasie van Maca poeiers vir beter stamina, uithouvermoë en meer energie. Kremetartpoeier is ‘n goeie bron van Vit C, vesel en anti-oksidante wat voordelig is vir algemene gesondheid. Dit sluit ook hennepsaad en ertjieproteïen in om jou langer versadig te hou.
Ons White Active-poeier is lae GI, glutenvry en kan as ‘n vinnige ontbyt met melk of jogurt geëet word of in ‘n smoothie gemeng word om essensiële vette en proteïene by te voeg.
Dit het ‘n “maklik om te eet” konsekwentheid, aangesien dit bestaan uit Macadamia-neute, fyn, gedroogde klapper, chia-saad, bosbessies, sojamelkpoeier en weiproteïen, wat dit ‘n uitstekende maaltyd maak.
En die Green Superkos-poeier is ryk aan anti-oksidante, vesel en fitonutriënte vir verbeterde immuungesondheid en verhoogde metabolisme. Dit bevat nie net ‘n groen blaarmengsel nie, maar ook ‘n suiwer Kakao-krakerige mengsel. Die Groen blaarmengsel sluit Chia-sade, moringapoeier, groen teepoeier, spinasie- en spirulinapoeier, hennepsaad- en ertjieproteïen poeier in.
Die suiwer Kakao krakerige-mengsel bestaan uit gemengde neute, sade sowel as gevriesdroogde klapper en gedroogde bessies. Dit voorsien jou van volgehoue energie deur die inname van essensiële vette, vesel en anti-oksidante.
Wat is Ferm UP:
Ferm UP is La Ferm se ideale maaltydvervanging vir gewigsverlies of bloot om ‘n “besige” leefstyl te handhaaf. Ons Shake-Up Boks bevat FermUp poeiers wat reeds in porsies van 30g verpak is. Jy kan een maaltyd per dag vervang met FermUp.
Ferm Up is suikervry en laag in vet – die ideale koolhidraat-tot-proteïenkombinasie wat energievlakke sal handhaaf terwyl jy vet verbrand.
Ons het 5 pakkies van elk van ons drie geure gepak, naamlik aarbei, sjokolade en karamel. FermUp word gemaak met water of melk (lae vet, amandel of soja). Ons sluit ook smoothie resepte in waar FermUp gebruik word – ‘n heerlike vullende ontbyt vir jou besige leefstyl! Dit is ook goed om te weet dat die karamelgeur lekker is om te maak met warm melk vir ‘n gesonde, warm drankie op ‘n reënerige of koue dag.
Eenvoudig gesê – al die gesonde voeding wat jy nodig het, word reeds in die regte porsie groottes verpak vir jou gerief en kostevoordeel!
Hierdie boks word GRATIS na jou deur gekoerier en kan jou lewe verander!
KOPIEREG © 2018-2024. ALLE REGTE VOORBEHOU. | TERME EN VOORWAARDES