Super Shot

’n Daaglikse Super Shot bevat gemmer-, kaneel-, borrie-, maca-, wortel- en lynsaad poeier om jou detoksproses vroegoggend aan die gang te sit!

R100.00

Die poeier is gepak met anti-oksidante en hoog in vesel. Dit bevat ook Maca poeier vir stamina en energie.

Borrie is ’n natuurlike anti-inflammatoriese middel en anti-oksidant. Dit word al vir jare gebruik vir sy gesondheidsvoordele naamlik immuun ondersteuning en wondheling, asook detoksifisering effekte.

Gemmer is ideaal vir spysverteringsprobleme naamlik spastiese kolon, naarheid, opgeblasenheid en winderigheid, en is ook ’n natuurlike anti-oksidant en detoksifiseringsmiddel. Dit help met die verbetering van jou metabolisme.

Geen beter manier as om jou dag met La Ferm se Supershot te begin nie!