Nog Produkte Beskikbaar:

Supershots

R145.00

Super Shot – Greens

Die Groen Superkos mengsel is nie net heerlik nie, maar ook vol voordelige eienskappe. Dit is ryk aan antioksidante wat kan help om vrye radikale skade in die liggaam te bestry. Die mengsel is ook ryk aan vesel, wat die spysvertering kan bevorder en ‘n gesonde gewig kan ondersteun. Daarbenewens bevat dit fitonutriënte, wat potensieel baie gesondheidsvoordele kan bied.

Supershot – Spicy

Die poeier is gepak met anti-oksidante en hoog in vesel. Dit bevat ook Maca poeier vir stamina en energie.

Borrie is ’n natuurlike anti-inflammatoriese middel en anti-oksidant. Dit word al vir jare gebruik vir sy gesondheidsvoordele naamlik immuun ondersteuning en wondheling, asook detoksifisering effekte.

Gemmer is ideaal vir spysverteringsprobleme naamlik spastiese kolon, naarheid, opgeblasenheid en winderigheid, en is ook ’n natuurlike anti-oksidant en detoksifiseringsmiddel. Dit help met die verbetering van jou metabolisme.

Geen beter manier as om jou dag met La Ferm se Supershot te begin nie!

Supershot – Beet & Berry

Die Beet & Bessie-Superkos mengsel is ryk aan anti-oksidante, vesel en baie fitonutriënte wat jou liggaam se immuunstelsel ondersteun en beskerm. Dit bevat voedingsryke bestanddele soos Chia sade, beet, bloubessie en goji bessie poeier wat propvol anti-oksidante is. Die kombinasie van hierdie bestanddele bevorder gesonde selgroei en herstel, terwyl dit ook die gesondheid van jou hart en brein ondersteun.

Om jou energie en uithouvermoë te verhoog, bevat hierdie mengsel ook Maca. Maca is bekend vir sy vermoë om die hormoonvlakke in die liggaam in balans te bring, wat kan lei tot beter stamina, uithouvermoë en ‘n algehele toename in energie.

afAfrikaans