Swangerskap Plan

TAAL: AFRIKAANS

Wees gesond-swanger saam met La Ferm

Is jy swanger of beplan jy om swanger te raak? As jy jou swangerskap gesond en ingelig wil deurgaan is die plan vir jou. Dit sluit alles in wat jy nodig het om seker te maak jy en baba is gesond:

  • Eetplan met inkopielys en addisionele dieetriglyne
  • Wees Ferm Wees Gesond en Swanger DVD 3
  • Asook waardevolle kennis tot ‘n gesonde swangerskap

R450.00

Ons bied dieetriglyne en ‘n 7-dag eetplan wat wetenskaplik en prakties is sodat jy naarheid en ander voedingsverwante probleme van swangerskap kan bekamp, asook optimale voeding vir jou en baba verseker met die bonus om nie te veel gewig aan te sit nie.

Hiermee saam oefen jy met Wees Ferm Wees Gesond en Swanger DVD 3. Met die DVD in jou hand kan jy seker wees van twee voordele: dat jou swangerskap gesonder en ligter gaan wees, en dat jy vinniger jou lyf ferm gaan kry nadat baba eers daar is. Jy kan die DVD doen met die gemoedsrus dat jy en baba veilig is tydens jou swangerskap.

Die DVD se ferm-maak oefeninge bestaan uit 4 afdelings van 10 minute elk, soos volg:

  • Strekke vir opwarming of afkoel
  • Bene en lae-rug versterking
  • Arms en bo-rug versterking
  • Maag versterking

Jy kan uit die afdelings kies wat jy wil doen, maar die ideaal is om die hele 40-minuut program daagliks te voltooi. Of jy fiks is of nog nooit voorheen geoefen het nie; jy kan veilig die programme volg en so jou liggaam ferm oefen.

Net soos oefen is jou dieet ook belangrik en Izette Faul (La Ferm se dieetkundige) beantwoord vrae soos:

  • Hoekom gesond eet belangrik is tydens swangerskap en watter dieet jy kan volg
  • Wat help teen naarheid en gewigstoename
  • Wat om te nie te eet vir baba se veiligheid
  • Wat om te eet vir goeie breinontwikkeling vir jou baba

Jy sal verseker die program geniet want dit is prakties en volhoubaar – jou bondeltjie liefde wat op pad is, sal net vreugde inhou!

Sluit die volgende in:

  • 7-dag eetplan met addisionele dieetriglyne, inkopielys en resepte
  • Wees Ferm Wees Gesond en Swanger oefen DVD 3