Ons kan jou gesin help om gesonde tieners op die lewenspad toe te rus.
Vir jou as ouer is dit belangrik dat jou kind(ers) gesond eet maar jy het dalk leiding nodig – of julle beplan jou dogter se matriekafskeidsrok en sy wil ‘n paar kilogram verloor. Wat ook al jou motivering, hierdie 2-weke Tienerplan is die oplossing vir jou en jou tiener!
Plan sluit in:
R450.00
In hierdie lewensfase, is voeding baie belangrik. Dit is die brandstof vir die groeiende en veranderende liggaam asook om gesonde eetgewoontes sommer al vroeg te vestig. Besige tieners het gesonde happies nodig by die skool om hulle energie ‘n hupstoot te gee, asook breinkos om hulle te help met konsentrasie en aandagspan.
Wanneer puberteit aanbreek, is dit nie net jou uiterlike wat verander nie, jou voedingsbehoeftes en eetgewoontes is ook anders. Tieners kies dikwels die maklikste uitweg, en so word geriefs- en kitskos ‘n gunsteling maar is tog so ongesond! As tiener is jy nou volwasse genoeg om te help in die kombuis asook met inkopies, en daarom is dit belangrik om te begryp waarom goeie eetgewoontes so belangrik is.
Ons het hard gewerk om ‘n heerlike VARS eetplan en resepte en FLUKSE oefenplan saam te stel om jou te motiveer!
La Ferm beveel addisionele produkte aan wat met die program gebruik word:
KOPIEREG © 2018-2024. ALLE REGTE VOORBEHOU. | TERME EN VOORWAARDES