Vitamiene B en Stres vlakke

Daar is verskeie Vitamiene B’s – elkeen met ‘n verskillende doel. Hierdie vitamienes verskaf nie energie aan die liggaam nie – maar sonder hulle sal jou liggaam wel ‘n tekort aan energie ervaar. Die energie-produserende nutriënte (koolhidrate,vette en proteïene) word gebruik vir brandstof – Vitamiene B’s help die liggaam om hierdie energie te gebruik.

Vitamienes B word in verskeie kosse aangetref maar is wateroplosbaar en baie delikaat. Hulle word maklik vernietig, veral deur alkohol en die kook proses.

Voedsel prossesering kan ook die aantal B-groep vitamienes verminder (soos wit brood, wit meel en rys). Die liggaam het ook ‘n beperkte kapasiteit om meeste van die B-groep vitamienes te stoor – daarom kan ‘n paar mande se swak dieet ‘n tekort veroorsaak. Hierdie vitamienes moet dus gereeld ingeneem word as deel van ‘n gebalansseerde, voedingsryke dieet.

Navorsing toon dat voldoende (daaglikse) vlakke van Vit B ‘n effektiewe manier is om stres vlakke te verlaag  – of ten minste jou liggaam in staat te stel om die stres beter te hanteer. Hierdie aanvullers is veral (meer) noodsaaklik indien jy ouer is as 50 jaar of ‘n vegetariër is.

Vit B en Stres:

  • Verskeie Vit B’s ondersteun die produksie van seretonien – waarom is dit belangrik?
  • Seretonien funksie: Slaap regulasie, aptyt beheer en sensoriese persepsie. Dit word assosieer met gedrags, kognitiewe en emosionele prosesse.
  • Voldoene vlakke van Vit B stel jou instaat om spanning en angs beter te hanteer

Vit B en gewigstoename

Vit B tekort gaan soms gepaard met ‘n toename in liggaamsmassa.  Die oorsaak hiervan is gedrags gëorienteerd.

‘n Tekort aan Vit B kan lei tot uitputting, swakheid en duiseligheid. Dus is daar ‘n tekort aan energie – ‘n energie tekort lei tot verhoogde voedsel inname en ‘n afname in fisieke aktiwiteit.  Gevolglik lei dit tot ‘n toename in liggaamsmassa.

Alhoewel daar ‘n ooreenkoms is tussen die tekort aan Vit B en gewigs toename, is die toename meerendeels ‘n newe effek van die simptome wat gelei het tot ‘n sedentêre leefstyl.

Tipes Vitamiene B

Vitamien B1 – Tiamien

Bronne: Volgraan of graan-verrykte produkte (graankos en gebakte goedere) varkvleis, vis, neute (amandels en pekanneute) sade en groen ertjies.

Funksie: Reguleer jou eetlus en word gebruik in energie metabolisme (produksie).

Vitamien B3 – Niasien

Bronne: Melk, eiers, vis, volgraan of graan-verrykte produkte brode en graankos en hoender.

Funksie: Energie metabolisme (produksie), ondersteun spysverterings sisteem, regulasie van emosies (tekort kan lei tot depressive, irriteerbaarheid, stress en gemoedsversteurings), regulering van bloedsuiker vlakke.

Vitamien B6 – Piridoksien

Bronne: Lewer (rooivleis), kekerertjies, piesangs, blaargroentes (bv spinasie), aartappels en seekos.

Funksie: Produksie van rooibloedselle, vervaardiging van seretonien (hormoon wat die liggaam in staat stel om stress,depressie en angs te hanteer)

Vitamien B9: Folaat / Folien suur

Bronne: Brokkoli, spinasie, peulgewasse, sade en lewer.

Funksie: Energie produksie, nuwe sel formasie.

Vitamien B12

Bronne: Diere produkte soos vis, seekos, vleis (veral lewer), hoender en suiwelprodukte. Soja produkte word aangevul met B12.

Funksie: Instandhouding van senuwee sells, afbraak van sommige vetsure en aminosure, ondersteun seretonien produksie (krities vir ontspanning, gemoed en slaap).

Soos reeds hierbo genoem word die B-vitamienes nie gestoor deur die liggaam nie – watokal B-vitamienes ingeneem word d.m.v kosse en wat nie dadelik deur jou liggaam geabsorbeer word nie, word uitgeskei binne ure. Daarom kan dit baie voordelig wees om ‘n Vitamiene B aanvuller te neem – veral in tye van verhoogde spanning en stres,

Daarom is dit belangrik om ‘n gesonde, gebalansseerde dieet te volg met die voorgeskrewe daaglike innames van vitamienes en minerale. Daarmee saam is gereelde fisieke aktiwiteit noodsaaklik om gewigs toename te voorkom.

Begin gesels
Kan ons help?
Gesels met ons!
Welkom by La Ferm, hoe kan ons vandag uithelp? 🌸