Het jy geweet dat dit minstens drie weke neem om ‘n eenvoudige gewoonte aan te leer? En dit geld selfs vir iets so eenvoudig soos om jou koffie linksom te roer in plaas van regsom!
Ek het jy moontlik al gewonder waarom La Ferm se Vasbyte drie weke duur?
Wel, die antwoord is deels hierbo gegee: dit is “beste praktyk” vir die meeste gedragsverandering programme. Maar gedragsverandering hang nie net af van die tydsduur nie; dit word bepaal deur wat jy in die drie weke doen….
WAAROM 3 WEKE?

- Jou HOUDING oor die verandering (positief, neutraal, of negatief). Jy kan alles reg doen in terme van die “hoe”, maar as jy nie tot jouself verbind is in terme van die “hoekom” nie, is jou kanse baie skraler. Dit is oor en oor bevind dat as iemand ‘n gewoonte probeer verander om ander mense tevrede te stel, dit nie volhoubaar werk nie. Jy moet dus vanuit jouself oortuig wees van die redes waarom jy wil verander.
- Jou KENNIS oor die onderwerp, byvoorbeeld oor die voor-/nadele van sekere kossoorte, of van verskillende oefen/fiksheidsprogramme. La Ferm se Webtuiste verskaf inligting in hierdie verband, maar daar is baie ander bronne soos die internet, boeke en tydskrifte waardeur jy jou kennis oor die onderwerp kan verbreed. Wees net versigtig vir “dokter” Google, en vir populêre tydskrifte met wilde stellings en kitsoplossings… . Indien jy byvoorbeeld meer oor supplemente te wete wil kom, skakel ons gerus by La Ferm.
- Jou VAARDIGHEID om hierdie kennis toe te pas. Vaardigheid beteken nie net “weet van” nie, maar “kan doen”. En dit kom slegs deur oefening en herhaling op ‘n gereelde en gedissiplineerde wyse. Die nuwe eetgewoontes en oefeninge moet ‘n tweede natuur word, dan is jy op pad na ‘n volhoubare nuwe leefstyl.
‘n Laaste belangrike aspek van gedragsverandering volgens Stephen Covey (outeur van die topverkoper “Seven Habits of Highly Effective People”) is die volgende:
Dit is makliker en meer effektief om ‘n nuwe gewoonte aan te leer, as om die ou gewoonte te probleer afleer. Fokus eerder op die positiewe van jou nuwe oefen- en eetprogram, en laat dit die ou gewoonte vervang. Sommige mense konsentreer te veel op wat hulle moet ophou doen, in plaas daarvan om te konsentreer op die die nuwe gedrag wat hulle wil aanleer.
In die volgende artikel gaan ons kyk na die belangrike rol van denke in gedrag en gedragsverandering, want dit is waar die proses begin: “You are not what you think you are; you are what you think….”
DEUR: Dr Chris van der Watt