Nuwe Klient
Leefstyl Pakkette
Read More
Baie dankie Izette en Marietjie vir jul motivering elke dag met ons eetplan! Jul is werklik vir my n groot inspirasie en is baie bly dat ek LaFerm ontdek het op Facebook.
Chemo Klient
Super Shake Mix Boks - Flexitarian
Read More
Ek het weer die chemo ge’breeze’ Vrydag🙌🏻
Boks Klient
ShakeItOff Box
Read More
Baie dankie, julle oulike planne maak dit maklik🤛🏻 Ek het reeds 5kg verloor
J
ShakeItOff Box
Read More
Voel goed. Soveel meer energie en baie meer produktief met my werk. Slaap beter in die aand en het sommer hope meer geduld met die kids😂 so bly ek het besluit om dit te doen!
Femalean Klient
11 November 2023
Read More
Hierdie werk... My siklus het besluit om terug te keer gister oggend in die hospitaal na 4 maande. Even though ek na aan menapouse is. 🫣
Melissa
24 Oktober 2022
Read More
Ek het die "shake it off boks" baie geniet. Die resepte is smaaklik, vinnig & maklik om voor te berei. Ek kan met eerlikheid sê dat ek nie eenkeer honger gely het nie. Die kosse hou jou beslis versadig. Ek het die Karamel Ferm up shake so baie geniet dat ek my "prys" gebruik het om ñ 1kg Karamel shake aan te skaf. Ek kon sien hoe die cm's afval en my liggaam verander. Die feit dat alles klaar afgemeet & verpak is maak dit maklik vir iemand wat heeltyd besig is en nie altyd kans kry om gesond te eet nie. Ek het beslis meer energie gehad terwyl ek skooner en gesonder geëet het. Dankie dat julle my gehelp het om weer aan die gang te kom met my gewigsverlies "journey"
Zané
15 Junie 2021
Read More
Wees gereed vir ‘n nuwe lewe saam met La Ferm! Na byna 8 jaar se ongesonde gewoontes het ek sonder twyfel La Ferm se hand gevat na my vriendin nie kon ophou praat van hoe goed sy voel! Binne 21 dae het my lewe handomkeerbaar verander, my energie vlakke is deur die dak, my vel en hare voel soos iemand anders sin, maar die beste van als, na net 5 maande is ek 17kg ligter! La Ferm is nie n dieet program nie, hulle help jou om gesonder en ligter te lewe - met die klem op LEWE! Dankie La Ferm, julle maak n baie groter verskil as wat jul ooit sal kan raai!
Vasbyt Klient
14 November 2023
Read More
Ek looove al die inligting wat deur gegee word,,, ek het al SOO baie dinge geleer daaruit en probeer alles lees... Dankie dit help 'n mens en gee mens rigting sekere dinge is net grieks soms
ShakeItOff Boks Klient
28 November 2023
Read More
Voel goed. Meer energie en selfvertroue. Julle produkte maak dit so maklik! Gaan definietief die nuwe jaar weer met n vasbytboks afskop🤗
Vasbyt Klient
4 April 2023
Read More
Ek kan daarvan getuig… na, ek dink, 3 Vasbyte van Sept af en die gesonde La Ferm lewenstyl so te se permanent toepas is my cholesterol, lewertelling en insulien tellings beter as normaal. Dit was ñ groter bonus as al die gewig wat ek al verloor het
Vasbyter
12 September 2023
Read More
Lekker: accountability en ek hoef nie te worry oor kos idees nie, ek maak wat op menu is. Kos is heerlik!
Lorraine Swanepoel 
27 Desember 2018
Read More
La Ferm het my lewe verander. Die eerste eetprogram wat gewig verloor opwindend maak. Resepte is maklik en sooo lekker! Die daaglikse ondersteuning van Izette en Marietjie maak n groot verskil.
Belê in jouself en kies La Ferm om die pad saam jou te stap.
Elsabe
12 September 2023
Read More
Dankie vir die moed inpraat en raad. Mens kan sien daar gaan ongelooflike beplanning in die eetplan.
Metabolisme Hupstoot Vasbyt
20 September 2023
Read More
Ek wil net sê baie dankie vir die ondersteuning. Dit was heerlike resepte, lekker vars. Ek is nogal ‘n ou vleis eter, maar in hierdie twee weke het ek gesien mens hoef nie altyd vleis te eet om lekker te eet nie. Dit was nou heel lekker om ander soort proteïene ook te geniet, dankie daarvoor. Ek is nog nie klaar met julle nie, ek sal weer aansluit by ‘n Vasbyt!
Klient
Ferm Up Shakes
Read More
Ek loooove julle smoothies en shakes. Dit hou my so lank versadig en ek kan nie wag vir my nuwe boks nie. Ek het vanoggend 'n vorige maak shake gedrink en was teen 11h brullend honger.
Klient
Somer Intermittent fasting plan
Read More
Hey Izette. Sjoe ek is amper klaar met my La Ferm Somer Intermittent fasting plan. En ekt my 5 kg verloor... Super trots... Ek weeg nou 69... Dankie vir sulke wonderlike planne en al julle ondersteuning.
Klient
Shape Up Plan
Read More
Ek loooovvvveee die shape up plan. Is Mal oor die smoothies en shakes. Maklike plan om te volg. Dit werk.🙌🪷
Amanda
Metabolisme Vasbyt 2023
Read More
Ek spaar baie geld op die feit dat ek BAIE minder sweeties koop🫣🤭suikerverslawing is baie erg. Al verloor ek hierdie hele twee weke net twee gram, is my lewer en pankreas dankbaar vir die vermindering in inflammasie vanweë al daai suiker, en groente is beslis goedkoper as sjokolade🤐
Vasbyt Klient
1 Augustus 2023
Read More
Die bokse is 'n wenner. Ek verpes om kos te kook. Ek het min, maar sleg geëet en het' n standing order van koeksoda op my inkopielys gehad van al die sooibrand. Aanhoudende moegheid, seertjies op my tong van mineraal- en vitamientekorte. Nou is dit alles weg. Die verpakte bokse maak my lewe maklik. Ek kan meeste oggende net sakkies gryp en hol.
Tanya
Ferm Up Vasbyt 2021
Read More
Ek het die plan vreeslik geniet. Ek wil hom defnitief weer doen. Ek love die smoothie🍓🥭🍍 ontbyt en slaaie! 🥗🥗 en M se oefening was "epic" .. 😅😅 ek was lekkee moeg na elke sessie. Dankie vir julle!
Nelma
Burnt Out Vasbyt 2023
Read More
Marietjie ek het al dankie gese vir jul puik program, maar se dit sommer weer. Ons het heerlik geeet – nou hou ons ook sommer van slaai!!!
Annemie
12 September 2023
Read More
ek spaar ek geld met hierdie eetplan, omdat ek beter beplan. Daar word niks groente oud in my yskas nie, vanaand se moeite spaar môre se middagete take-away’s na skool. Ek dink die uitdaging vir my is om dit ‘n lewenswyse te maak, op die lang duur sal dit baie meer ekonomies wees as om, soos ek gewoond is, blindelings inkopies te doen.
Femalean Klient 
16 Augustus 2023
Read More
Femalean werk regtig👌👌👌👌 My moeg is tonne beter en ons werk hard en ek oefen goed so kan regtig n verskil voel Hou baie vd winterbox en hou mooi uit.
Melindi Nysschen 
19 Julie 2018
Read More
La Ferm se eetplanne is verseker die heel beste! Dis gebalanseerd, vars & vreeslik lekker!
Dankie La Ferm dat julle gesond eet vir ons makliker maak!
Natalie
Ferm Up Vasbyter
Read More
Dankie baie en vir julle! Ek sal nooit weet enige ander plan kan gebruik nie. Ek het my gesond eet en lewe gevind by LaFerm. Julle is amazing! Ek sien uit om in 2022 net weer alles in te sit saam LaFerm. Ek het my thermolean bestel vir December somme ook☺️ Ek hoop julle het ñ wonderlike laaste tydjie van 2021 en alles wat mooi is vir 2022. ❤️❤️
Adri
Winter Intermittent Fasting Vasbyt 2023
Read More
Baie dankie vir julle motivering en ondersteuning. Julle vasbyt was heerlik en dis so lekker om te sien die kilogramme val af, goed te voel, en energie weer te hê nie. Ek kan nie wag om in September weer te gaan vir bloedtoetse en resultate te sien van cholestrol en insulien weerstandigheid. Julle program is voorwaar n Leefstyl verandering program. Dit is so 'n lekker nuwe manier om na kos te kyk en te sien hoe 'n mens nog steed lekker kan eet en bonus gesond eet. 'n Mens verval so gou in vervelige respepte, ongesonde resepte. Dankie ook vir julle oefenprogramme wat 'n klein begin is wat 'n mens aan die beweeg kry en hopenlik ook kan lei tot permanente instelling om daagliks/gereeld te oefen.