ONTBYT-JUNKIE

BESTANDDELE:

Halwe gevriesde piesang
4 stukke pynappel
50 ml jogurt
15 ml heuning
20 ml pynappelsap
65 ml rou hawermout
Halwe skeppie fyn ys

METODE:

Meng al die bestanddele saam tot glad, giet in ‘n hoërugglas en garneer met ‘n skyfie pynappel.

SLIM-GIM

BESTANDDELE:

Halwe gevriesde piesang
30 ml grondboontjiebotter
50 ml gewone jogurt
50 ml melk
Halwe skeppie fyn ys

METODE:

Meng al die bestanddele saam tot glad, giet in ‘n hoërugglas en garneer met ‘n knippie kaneel.

PEER, KOMKOMMER-EN-KRUISEMENT-COOLER

BESTANDDELE:

1 groen peer
4 kruisementblare
4 skywe komkommer
50 ml peer- of appelsap
‘n Skeppie fyngemaakte ys

METODE:

Meng al die bestanddele in ‘n voedselverwerker tot glad en giet in ‘n drinkglas. Garneer met ‘n peerwaaiertjie en ‘n takkie kruisement.

KLAPPER-EN-PYNAPPEL-SKOMMEL

‘n Alkoholvrye drankie wat die hele familie sal verfris.

(Bedien 4)

BESTANDDELE:

1 gevriesde piesang
1 x 400g-blik laevet klappermelk
Halwe pynappel
Lepel ys

METODE:

Plaas al die bestanddele in ‘n menger en meng saam tot glad. Garneer met ‘n skyfie pynappel.

WAATLEMOEN-DRANKIE

(Bedien 2)

BESTANDDELE:

2 takkies kruisement
1 sny vars gemmerwortel
200 g waatlemoenstukke
500 ml sodawater

METODE:

  1. Muddle die kruisement en gemmer saam met die waatlemoenstukke. Skud saam met ‘n lepel ys en gooi in twee lang bolvormige glase.
  2. Deel die oorblywende waatlemoen tussen die twee glase. Voeg ‘n paar blokkies ys by en vul met sodawater.

MANGO-MALLIGHEID

BESTANDDELE:

4 skywe mango
4 kruisementblare
75 ml mangosap
Halwe skeppie fyn ys

METODE:

Meng al die bestanddele saam tot glad. Gieet in ‘n hoërugglas en garner met ‘n takkie kruisement.

LEMOEN-, GEMMER-EN-APPELDRANKIE

BESTANDDELE:

1 lemoen
2 rooi appels
1 duimgrootte stukkie gemmer

METODE:

Versap die heel vrugte/groente in ‘n versapper. Giet in ‘n drinkglas wat half met fyngemaakte ys gevul is en garneer met ‘n repie lemoenskil.

VANILLA-EN-BLOUBESSIE-PROTEÏENDRANKIE

BESTANDDELE:

1 eetl weiproteïen / FERM UP poeier (aarbei/karamel)
1 gevriesde piesang
12 bloubessies
50 ml vetvrye melk
Halwe skeppie fyngemaakte ys

METODE:

Meng al die bestanddele in ‘n voedselverwerker tot glad en giet in ‘n drinkglas. Garneer met bloubessies.

BEET, WORTEL EN GEMMER

BESTANDDELE:

1 beet
5 wortels
1 duimgrootte stukkie gemmer

METODE:

Versap die heel vrugte/groente in ‘n versapper. Giet in ‘n drinkglas wat half met fyngemaakte ys gevul is en garner met ‘n stukkie wortel.

KERSIE-EN-ROOS-LIMONADE

(Genoeg vir 8 /2 liter)

Die geure van roos en kersie is ‘n baie lekker kombinasie. As jy nie kersies kan kry nie, kan jy dit met ‘n ander rooi bessie vervang.

BESTANDDELE:

400 g kersies, ontpit
Sap en skil van 5 suurlemoene
60 ml rooswater
50 g xylitol-versoeter
1500 ml sodawater
1 kg gebreekte ys

METODE:

Plaas kersies, sap en gerasperde skil van suurlemoen, rooswater en xylitol in pot. Bring tot kookpunt en kook vir 3 minute. Laat afkoel en verpulp tot glad met staafmenger. Plaas in ‘n ponsbak en voeg ys en sodawater by. Meng deur en sit voor.

Begin gesels
Kan ons help?
Gesels met ons!
Welkom by La Ferm, hoe kan ons vandag uithelp? 🌸