Om ‘n tiener te wees in 2016 is nie maklik nie! Het jy onlangs opgelet hoe swaar hulle skooltasse is? Dit weeg waarskynlik amper 10kg! Hul het besige programme met min tyd vir hulleself (wat nog te sê van hulle ouers) of oefening!  Daarom is dit so belangrik dat hul die nodige ondersteuning kry vanaf hulle gesin/familie asook ‘n gesonde liggaam en gees kweek!

Tieners is in so ‘n belangrike plek in hulle lewens waar hulle fondasies kan lê vir toekomstige gedrags patrone.  Indien ‘n tiener in hierdie stadium van sy/haar lewe positiewe konnektasies tot die woord “oefening” kan voeg is dit die regte fondament vir die res van hul lewe.

Daarom is dit belangrik dat ons hul blootstel aan ‘n verskeidenheid van oefenings modaliteite.  Sodat hul kan uitvind waarvan hulle hou en waarmee hulle graag sal wil aanhou.  Want sodra hul intrinsiek gemotiveerd is om deel te neem sal hulle dit geniet en waarskynlik na skool aanhou om dit te beoefen.  As ouer is dit belangrik dat jy hom/haar motiveer asook ‘n goeie voorbeeld te stel!

Teen hierdie tyd is jou kind se eetgewoontes reeds vasgelê.  En dit is beslis nie ‘n maklike taak om ‘n tiener te oortuig om bogenoemde te verander nie-hul het nou ander prioriteite!  Die beste manier om dit aan te pak is om hulle te oortuig dat dit vir hulle kort-termyn voordele inhou.  Soos bv voorkoms, atletiese vermoëns en genot van die lewe (langtermyn is nie nou deel van hulle woordeskat nie).

Vir ‘n jong adolosent is dit noodsaaklik om elke dag ‘n gesonde dieët te volg en die nodige oefening in te kry.  Dit sal verseker dat hulle kan presteer in alle aspekte van die skool omgewing.  Met soveel kinders/tieners in vandag se samelewing wat oorgewig en selfs obees is moet ouers soveel te meer fokus op wat hulle vir hulle kinders voorsit.

Tieners is in ‘n groei fase.  Kinders kry ongeveer 20% van hul volwasse lengte en 50% van hulle volwasse gewig tydens adolossensie.  Omdat groei en en verandering so vinnig plaasvind in hierdie fase, neem die vereistes vir alle nutriënte toe. 

En natuurlik begin  gesonde eetgewoontes by ONTBYT.

Ontbyt is ‘n baie belangrike maaltyd vir ‘n tiener om hom/haar voor te berei vir die besige skooldag wat voorlê.  Dit sal hul konsentrasie verbeter en hulle help om te fokus in die klaskamer.

Volgende op die spyskaart is natuurlik die KOSBLIK.

Met elke skool wat deesdae hul snoepie op tender uitsit is dit geen wonder dat daar die heerlikste smulhappies is wat hul kan geniet tydens pouse nie!  Verskeidenheid van pasteie, klein pizzas, doughnuts en selfs burgers is beskikbaar!  Hoe gemaak om hul uit die versoeking te hou? (behalwe om hulle sakgeld te konfiskeer) En dan moet mens nog in ag neem dat hul kan skaam kry vir mamma se kospakkie!

Riglyne:

  • Dit moet iets wees wat die kind sal eet (asook maklik by die skool sal kan eet)
  • Dit moet die nodige nutriente bevat
  • Dit moet in pouse tyd opgeëet kan word!

Nou kom ons by die OEFENING deel.

Sommige ouers is gelukkig genoeg dat hulle kinders deelneem aan sport en vansself baie aktief is.  Dit is egter steeds belangrik om hul te ondersteun en positief te motiveer sodat hulle hierdie gedrag sal toepas vir die res van hulle lewens.

Fisieke aktiwiteit begin by die huis.  As ouer is jy in die wonderlike posisie om vir jou kind ‘n voorbeeld te stel van hoe sy/hy behoort op te tree.  En dit sluit oefening in.

In vandag se lewe waar kosbare familie/gesins tyd al hoe minder raak bied oefening ‘n wonderlike geleentheid as ‘n aktiwiteit wat jul saam as ‘n gesin kan beoefen.

En daar is soveel om van te kies!  Dit is selfs makliker met die tegnologie wat tot ons beskikking is-en dit sal dit vir die kinders ook meer genotvol maak.

  • Jul kan begin deur die TV af te skakel en bietjie buite te gaan stap – hope vars lug is net wat ‘n tiener nodig het om hom/haar te motiveer vir vanaand se huiswerk.  En dit gee jou as ouer ook die kans om bietjie te “connect“ met jou kind.
  • Vind uit watter tipe oefenings klasse word in julle omgewing aangebied.  Gaan woon dit by as ‘n gesin en hou aan soek totdat julle iets vind waarvan jou tiener hou. 
  • Moedig ook hom/haar aan om by die skool betrokke te raak in sport.  Dalk het sy/hy op laerskool belang gestel in netbal/tennis maar op hoërskool nie weer kans gesien nie.  Motiveer hom/haar om weer deel te neem en sodoende ook maats te maak. 
  • Indien hy/sy baie onaktief is kan julle begin deur by die huis take te verrig wat fisieke aktiwiteit verhoog soos bv. Was die kar, stap met die hond, dra die kruideniers sakke, neem die vullissakke uit.

Om ‘n tiener te wees in 2016 is gewis nie ‘n maklike taak nie – nog veel te meer om ‘n ouer van ‘n tiener te wees!

Indien jy jou tiener kan motiveer om gesonde veranderings in sy/haar lewe te maak sal hul vir die res van hulle lewens daardie vrugte pluk.  En jy sal met ‘n geruste hart weet jy het hom/haar gehelp om die fondasies te lê!

Begin gesels
Kan ons help?
Gesels met ons!
Welkom by La Ferm, hoe kan ons vandag uithelp? 🌸